Boishaaier 2017

LANDLOOP

Landloop

Totale punte vir byeenkoms HJS 34 Hugenote 30

Boland Landbou Hoërskool, Hugenote Hoërskool, Paarl Gimnasium, Labori Hoërskool, Hoër Jongen- skool, La Rochelle, Hoër Meisieskool, Bridgehouse en Bloemhof het gedurende die tweede en derde kwartale aan landloopbyeenkomste deelgeneem. Elke skool het ’n beurt gekry om ’n byeenkoms aan te bied. Dit was werklik ’n voorreg om in so ’n pragtige omgewing te hardloop. Ons het in die tweede kwartaal teen Grey Kollege in Bloemfontein deelgeneem. Die byeenkoms is deur Grey Kollege gewen. Die Interskole-landloop het tydens die finale byeenkoms van die seisoen (die aflosbyeenkoms wat deur Paarl Gimnasium aangebied is) plaas- gevind. Elke span het uit vier atlete bestaan. Elke atleet het 1,8 km gehardloop. Die uitslag van die byeenkoms was soos volg:

Paarl Gim 16 Boland Landbou 5 Bridge House 4

Onder die bekwame leiding en afrigting van me. Tanya Malherbe het ons seuns baie goed gevaar. Ons het weer in 2017 die ligabyeenkomste gewen. Baie dankie aan me. Tanya Malherbe, ons uiterse bekwame en entoesiastiese afrigter, asook mnr. Abré van Heerden en me. Carina Jansen van Rens- burg vir hul hulp en ondersteuning. Baie dankie aan ons atlete wat gereeld geoefen en deelge- neem het. Ons is trots op julle.

LANDLOOP Agter:

Henry le Roux, Garrett Geyer, William Dommisse, Francois Bruwer, Corné van Dyk, Louis Burger Middel: Jannes Marais, Neil Bekker, Leonard Gouws, Marthinus van Vuuren, Sean Tolken, Freddie Kirsten Voor: Dian Kruger, Alexander Kruger, mnr. A van Heerden, William Kruger, me. M Jansen van Rensburg, Kenau Martins, Divan van der Bank

104 BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker