Boishaaier 2017

GHOLF

DERDE KWARTAAL 2017 Die Interhuiskompetisie vind in hierdie kwartaal plaas en 27 spelers skryf in vir die drie afdelings: agt spelers in die afdeling vir ’n voorgee van 0 tot 9, elf spelers vir ’n voorgee van 10-18 en sewe spelers vir ’n voorgee van 19+. AFDELING A : Voorgee onder 9. Hulle speel 18 putjies oor twee dae om sodoende die kampioen van die skool te bepaal. Die formaat van hierdie kompetisie is houespel op ’n 0-voorgee. Die kampioen vanjaar is Tyran Snyders met 137 houe oor 36 putjies. Hy speel ’n eerste ronde van 71 houe en ’n tweede ronde van 66 houe - die beste in dekades! AFDELING B : Voorgee 10 tot 18. Deelnemers speel slegs een 18-putjiekompetisie. Die formaat van die afdeling is Stableford op ’n 18-voorgee. Die wenner van hierdie afdeling is AJ Snyman met 47 punte. AFDELING C : Voorgee 19 plus. Deelnemers speel slegs een 9-putjiekompetisie. Die formaat van die afdeling is ook Stableford op ’n 18-voorgee. Die wenner van die afdeling is Phillip Coetzee met 30 punte. INTERHUISSTAND :

HJS speel hierdie kwartaal twee kompetisies as deel van die BOLAND-SKOLEKOMPETISIE .

Met die aanvang van die winterliga skryf HJS drie spanne in en vier kompetisies word gespeel. Twee daarvan is reeds gedurende die tweede kwartaal gespeel. Die oorblywende twee kompetisies het hierdie kwartaal plaasgevind het. Die formaat was Stableford op ’n 18-voorgee. HJS VS PAARL GIMNASIUM (ook die Interskole-kompetisie) Die eerste en tweede spanne speel hul kompetisie oor 18 gate en die formaat is houespel op ’n 0 voorgee. Die eerste span wen die kompetisie met 29 houe (HJS 295; Gim 324). Daniel Cronjé speel ’n pragtige 69; Tyran Snyders speel 71, Francois Cilliers 75 en Jack Cloete 80. Die tweede span verloor die kompetisie met 8 houe (HJS 351; Gim 343). Die derde span speel slegs 9 gate en wen die kompetisie met 18 houe (HJS 176; Gim 194). HJS VS SOMERSET COLLEGE Die kompetisie is oor 9 gate gespeel. HJS het een span van sewe spelers teen die vyf spelers wat Somerset College gestuur het, laat speel. HJS verloor met 7 punte (SC 90; HJS 83).

Villieria 20 punte Imhoff 17 punte Zeederberg 15 punte

Berlyn 6 punte Monte Bello 6 punte Bellevue 4 punte

Op grond van sy prestasie by die BOLAND HOËRSKOLE-GHOLFKAMPIOENSKAP wat gedurende die tweede kwartaal gehou is, het HJS die jaarlikse Nasionale Kampioenskap (2-5 Augustus te Rustenburg) bygewoon en sewende uit 20 skole gekom. Die beste drie uit vier tellings word geneem. HJS speel ’n totaal van 452: Daniel Cronjé (71 en 75); Tyran Snyders (75 en 73); Francois Cilliers (83 en 75); Ian du Plessis (84 en 86)

Daniel Cronjé

Tyran Snyders

Francois Cilliers

Thomas Esterhuyse

Friedrich Bauermeister Janus Roberts

• Triangular U19 team: vice captain • Ranked #2 in Boland • Won the Ceres Junior Open (shot 68) • Won the Junior Club Championship (shot 71) • Won the Langebaan Open (shot 69;73) • Won the Paarl Junior Open (shot 71) • Played in the British Boys’ U18 (shot 72; 69; 66; 72) • Came 3rd in the Noble Park Championships in England (shot 74) • Was part of the team that went to SA Nationals • Came 3rd at the Robertson Open

• Wellington Junior Open: 1st • Boland High Schools Cham- pionship: 1st • Bridge Fund Junior Series: Paarl 1st: qualifies for South Regional Final (winner plays in a top junior event in America) • Africa Junior Open: 10th • SA Boys U19: 27th (qualifies for the top 32 matchplay stage) - Ranked #3 Boland U19 rankings - Ranked #36 in SA U19 junior rankings, which means he is the leading Boland school golfer (as of 28 August)

• Gekies vir WP- o. 17- Drie- hoekige span • Gekies vir WP- o. 19- Sewe- hoekige (‘heptangular’) span • Wen die o. 19- Junior Houe- en putjiespelkampioenskap te Milnerton • Eindig gelykop (71 houe) in die 4e plek in die De Zalze Mans Ope • Wen die Prentice Cup te Mowbray o. 19 (70 houe) • Eindig 5e in die Mowbray Junior (74; 76) • Eindig 3e in die Kuilsrivier Junior Ope • Kom 11e by die WP-o. 19-Order of Merit • Word vir Strand se junior liga gekies • Eindig 2e in die Strand Junior Ope (74)

• Wellington Boland Ope: 2e (76 houe) • Worcester Boland Ope (Afdeling A): 3e (78 houe) • Paarl Ope: 1e (wen netto prys) (72 houe) • Bobby Lock Ope, Robert- son: in die top 20 • Koop-en-Bou-gholfdag: 3e (74 houe) • Word vir die Boland Elite-groep gekies • Eindig 3e in die Boland Junior Ope (Afdeling A) te Malmesbury (75 houe) • Eindig 3e in die Caledon Ope (Afdeling A) (76 houe)

• Boland- o. 15-uitnodiging- span, Milnerton • Gowrie Farm (Natal) SAGA- o. 15-toernooi • Paarl- o. 15-toernooi • Hermanus Boland Junior Ope

• Won both match play games in the Boland Golf Invitational at Kingswood Golf Club • SA U15 Tournament Koro Creek Golf Club, Modimolle, Limpopo

102 BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker