Boishaaier 2017

Gholf GOLF EERSTE KWARTAAL 2017

Die formaat van deelname van skole in die Boland Gholfunie-distrik het weer verander na die formaat waarvolgens dit al die jare gespeel is. Die topskole skryf nou al hulle spanne in die eerste liga in. Die wedstryde vind op Maandae op verskillende bane in die Boland- area plaas. Die spelformaat gedurende die somer is steeds houespel

(medal) op ’n 0-voorgee. Al die spanne van die skole in die eerste liga speel op ’n Maandag teen mekaar. Die eerste liga bestaan uit die volgende skole: HJS, Paarl Gimnasium (Gim), Parel Vallei (PV), Paul Roos (PRG), Somerset College (SC)

Uitslae van die wedstryde: HJS vs PRG

HJS vs GIM HJS se eerste span verloor met 1 hou (Gim 154, HJS 155). Die tweede span verloor met 8 houe (Gim 161, HJS 169). Die derde span speel gelykop met 177 elk. HJS vs PV HJS se eerste span wen met 7 houe (HJS 166, PV 173). HJS se tweede span speel 177 houe teenoor PV se 199.

HJS se eerste span verloor met 1 hou (PRG 151, HJS 152). Die tweede span verloor met 10 houe (PRG 157, HJS 167). Die derde span verloor ook met 10 houe (PRG 167, HJS 177). HJS vs SC HJS se eerste span wen met 2 houe (HJS 158, SC 160). HJS se tweede en derde spanne speel teen mekaar. Die tweede span speel 169 houe en die derde span 174.

Die INDIVIDUELE GHOLFKAMPIOENSKAP het weer eens op die laaste Maandag van die kwartaal plaasgevind. Die 60 topspelers uit die Boland word genooi, van wie vier HJS-spelers, naamlik Daniel Cronjé, Francois Cilliers, Tyran Snyders en Ruben Lourens.

SWINGFIT ’n Groep van sewe spelers kry elke Woensdag professionele afrigting te Pearl Valley. Die seuns geniet dit baie en bevestig dat dit tot hulle voordeel is. HJS kan diepte in hulle spanne waarneem, wat aan die goeie, gevorderde afrigting toe te skryf is.

TWEEDE KWARTAAL 2017 Ons het hierdie kwartaal twee wedstryde gespeel. Die formaat in die winterliga is Stableford op ’n 18-voorgee en ons het drie spanne hiervoor ingeskryf. 1. HJS vs Parel Vallei te Boschenmeer: Eerste span wen met 21 punte (HJS 93; PV 72). Tweede span wen met 56 punte (HJS 94; PV 38). Derde span klop PV se tweede span met 54 punte (HJS 92; PV 38). 2. HJS vs Paul Roos te Boschenmeer: Eerste span wen met 16 punte (HJS 108; PRG 92). Tweede span verloor met 3 punte (HJS 88; PRG 91). Derde span wen met 6 punte (HJS 94; PRG 88). Drie spelers van HJS word in die Boland-span vir die 2017 driehoekige toernooi 26-28 Mei op die Kingswood Golf Estate te George opgeneem, naamlik Daniel Cronjé (o. 19 span), Tyran Snyders (o. 17 span) en Janus Roberts (o. 15 span). HJS skryf twee spanne in vir die Boland Hoërskole-gholfkampioenskap waar 18 spanne meegeding het. Die kompetisie het in Robertson plaasgevind. Die beste drie uit vier tellings word geneem en ons eerste span eindig derde met 230 houe. Tyran Snyders speel die beste telling van die dag, naamlik ’n pragtige 70. HJS word op grond van die dag se uitslae ook na die jaarlikse Nasionale Kampioenskap genooi wat 2 5 Augustus te Rustenburg gaan plaasvind.

In die wedstryd teen Grey College te Paarl speel drie HJS-spanne teen drie Grey-spanne. Die kompetisie word op De Wetsdorp, 80 km van Bloemfontein, gespeel. In ysige weer en met ’n wind wat stormsterk waai, het die spelers reeds om 7:45 afgeslaan en eers om 17:30 klaargemaak sonder ’n ruskans. Die kompetisie vir al drie spanne is oor 36 gate beslis. Die eerste 18 gate is op 4BBB-putjiespelformaat gespeel en die tweede 18 op ’n individuele putjiespelformaat. Dit was ’n lang dag waartydens goeie sportmanskap en gedrag getoon is. • Die eerste span verloor 4 – 5 in ’n strawwe kompetisie wat ongeveer 9 uur geduur het met gelykoptellings in parekompetisie (Daniel Cronjé en Tyran Snyders; Francois Cilliers en Ruben Lourens) en individuele wenners (Daniel Cronjé; Tyran Snyders en Francois Cilliers). • Die tweede span speel gelykop (4½ elk). Wenners in parekompetisie: Friedrich Bauermeister en Tian Heyl. Gelykoptellings: Jack Cloete en AJ Snyman. Individuele wenners: Jack Cloete; Janus Roberts en Tian Heyl. • Die derde span verloor 1½ – 7½. Gelykoptelling: Martin Bekker. Individuele wenner: Rynhardt Roestorf.

101 BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker