Boishaaier 2023
Kreatiewe Skryfstukke
Die groot K-woord wat ek nooit sal vergeet nie. Adriaan de Villiers – Graad 12 SKRYFSTUKKE Dis ’n kouer wintersnag. Die kaggel knetter terwyl die wind om die hoeke van die huis fluit. Houtplanke wat kraak, die hoe-hoe van ’n uil wat die treurlied van die dood sing. Alle elemente wat my rede gee om in vrees op te krul is teenwoordig. Maar ek glimlag… Hoekom is ek dan nie bang nie? Vanoggend – ’n sonskynoggend – is op die oog af die perfekte oggend. Allesbehalwe… Ek stap na die kombuis vir Ma se daaglikse eierontbyt, maar ek ruik nie die normale spekaroma nie. Ma staan net daar met bloedrooi gehuilde oë en hou die mondstuk van die telefoon met haar hand toe. ’n Onheilspellende gevoel vul die lug en dit na gister se afspraak by die onkoloog. Ja, daardie dag toe dr. Marais die Groot K oor die landlyn laat val het, het my lewe, óns lewe verander. Sien, dit was nog altyd net ek, Sussie en Ma gewees. Ons pa het ons op ’n vroeë stadium in ons lewe verlaat. Hoekom weet ek nie. Ons vra maar eerder nie vrae nie,
want dit stuur altyd op woede-uitbarstings of ’n gehuil af. Maar vanoggend toe die graad 9-seun in sy ma se waterige oë staar, het die oorverdowende stilte ’n warboel van gedagtes, nare gedagtes, deur sy kop laat spoel. Hoekom ek? Hoekom alwéér ek? Hoekom Ma? Hoe lank het ons nog? Dit was drie maande, drie maande en vyf dae om spesifiek te wees. Drie maande en vyf dae waartydens die tyd haar-vir-haar verby tik. Drie maande en vyf dae waar die toenemende agteruitgang die kraantjie van jou hoopemmertjie oopdraai. En soos die laaste hoop uit die emmertjie drup, bekruip die idee van Wellington se kinderhuis jou op die punte van sy tone. Hulle sê altyd die Here het nie ’n ouer gemaak om sy eie kind te begrawe nie. Ek sê jou, ’n kind is nie gemaak om sy ma te begrawe nie. ’n Vyftienjarige seun is nie veronderstel om sy klein sussie te troos wanneer hy self in sy eie hartseer verdrink nie. Op hierdie wintersnag vorm die knetter van die vuur, die fluit van die wind, die kraak van ’n plank, die hoe-hoe-lied ’n bittersoet simfonie waarop ek dans, sing en lag, want ’n stilte soos daardie oggend wil ek nooit weer hoor nie.
Die stil siele van die biblioteek Felix Beukes – Graad 11
teen mekaar sit? Wag hulle vir iemand? Wag hulle vir my en jou terwyl die eensaamheid, onder die dik stof hulle versmoor? Net as jy een aanraak, ervaar hy maanskyn en rose … en jy ook. As jy hom oopvou, wys hy sy towerwêreld vir jou. Oerwoude met konings en oorloë wat jou hart in jou keel laat klop. Feite oor die groot wêreld rondom ons. Hy deel sy storie met jou. Dit is sy werk! Hoe verklaar jy dit? Hoe stel jy dié resep op? Waar kom hierdie en daardie woord vandaan? Boeke sal jou na oneindige wêrelde toe vat. Die storie bind jou saam en laat jou van die realiteit ontsnap. So, aanvaar hulle liefde aan jou en voer hulle met jou belangstelling. Drink tee en eet ontbyt saam, want as hulle teruggaan op die rak, kan hulle ten minste sê: “Iemand het omgegee.”
Wat sal ’n boek sê as hy kan praat? “Dis snoesig hier binne … dis stowwerig?” “Wie gaan my lees?” Boeke is nie net ink op ’n bladsy nie, maar eerder lewende woorde wat diep spore in ons oneindige en soms snaakse gedagtes trap. Waar vind ek die hart van ’n boek? Boeke het nie breine nie, maar tog dek hulle verskeie emosionele onderwerpe wat óns harte aanraak. Boeke skep verbeelding, liefde en vrede. Hulle bou ons op en breek ons harte. Hoe doen hulle dit? Hulle lok ons na ons slaapkamers as dit reën en hulle kry dit maklik reg om ons emosies te beïnvloed as ons hulle oopmaak. Maar … Hoe voel die boeke op die stokou rakke wat net daar beknop, skuins
92 BOISHAAI 155 YEARS
Made with FlippingBook - Online Brochure Maker