Boishaaier 2023

Marketing

Jagpakketveiling

Die 2023 HJS Jagpakketveiling wat op 9 Maart op die Buco Brugstraatvelde plaasgevind het was weer ’n reusesukses. Graag bedank ons al die skenkers van jagpakkette asook die tafelgashere en die kopers wat hiervoor gesorg het. Ons wil ook dankie sê aan die volgende mense en groepe: Herman Jonker, die gasspreker, vir sy wonderlike aanbieding wat die gehoor se entoesiasme vir die jagpakkette so geprikkel het; die afslaer, Carl Malherbe, vir sy spitsvondige en professionele aanbieding van die veiling; Dave Rawlings van Top Sound vir die klank en die visuele aanbieding; ons uitstallers, Toyota en Bushlapa, vir hul jarelange ondersteuning; Willem Immelman, Rojean Hattingh en Marno Snyman van Safari en Outdoor vir hulle skenking van die lotte en die goodie bags , en vir hul uitstalling; Phillip Retief van Van Loveren vir die skenk van die wyn op die tafels asook vir sy ongelooflike ondersteuning deur die jare; Gandré van Wyk en sy span van Nomad Events wat die manne so lekker kon laat kuier by die kontantkroeg; Ettienne Cronjé en sy wonderlike HJS-kombuisspan wat gesorg het vir die fantastiese

spyseniering en professionele bediening; en laastens, maar nie die minste nie, my Boishaai-span bestaande uit Uschi Ruthard, Ursula Windt, Juandré Nortjé, Shane Benade, PJ Vermeulen, Ian Uys, Frans Cloete en Hennie Carstens met sy werkers, vir hul harde werk om die veiling so vlot te laat verloop het. Sonder julle toewyding sou die veiling nie kon plaasvind nie.

Rusoord Besoek

Wynveiling

Die 2023 HJS Wynveiling wat op 14 September by Boschenmeer Gholfklub plaasgevind het, was vanjaar die suksesvolste Wynveiling ooit. Graag bedank ons al die skenkers van wyne, wynproë en verblyfdonasies, asook die tafelgashere, wyngashere en ons wonderlike span bestaande uit Uschi Ruthard, Ursula Windt, Jasmine Windvogel, Juandré Nortjé, Shane Benade, PJ Vermeulen en Ian Uys wat gesorg het dat die Wynveiling weereens een groot fees was. Aan al die kopers en die

afslaer, Dieter Schutte, ons opregte dank vir julle wonderlike bydrae om hierdie Wynveiling die suksesvolste ooit te maak. Dankie ook aan Maryke van der Westhuizen van die Golfing Goat met haar wonderlike span wat gesorg het vir die fantastiese spyseniering, dek van tafels en professionele bediening. Die opbrengs van die 2023 HJS Wynveiling word gebruik vir die Fase 2-installering van wisselrigters, batterye en sonpanele by die skool.

164 BOISHAAI 155 YEARS

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker