Boishaaier 2021

Cul t u r e

Op 27 November het die Dramadepartement ’n film-en-toneelaand aangebied. Drama

Die film wat ons die aand aan ons gaste gewys het, was THE KEY wat deur die HJS-leerders (met hulp van Dramaleerders van HMS) gemaak is nadat ons skool vir die eerste keer dat aan ’n Paul Roos FILMIT kompetisie deelgeneem het. Nico Smit in graad 11 was die vervaardiger en regisseur. Omdat ons vir die eerste keer ons eie Eisteddfod by die skool gehad het, kon die leerders wat deelgeneem het, ook dié aand hulle talente wys. Ons kon dit ook nie sonder die wonderlike klavierspel

van Mike Wang (gr 9) doen nie. Hy is ons gereelde eregas. Nog ’n gereelde deelnemer by hierdie geleentheid, wat nou ’n instelling aan die begin van die vierde kwartaal sal word, is ons skoolhoof, meneer Swart. Ons bedank die ouers en al die leerders van die Dramadepartment en die filmgroep vir donasies en tyd om oor die jaar se werk en talent te kon reflekteer.

FilmIt-kortfilmklub Agter: Tom Siebert, Christopher de a Hunt, Christiaan Thirion, Stéphan Venter, Zachary Truter Voor: Justin de Villiers, Nico Smit, me W Ras-Pretorius, Morgun Moller, Jandré Koekemoer

92 BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software