Boishaaier 2021

Hul de b l yk - Mi n e t t e V i s a g i e

die Latyn-klasse oor. Sy is jonk en mooi. Skielik raak Latyn ‘n bietjie makliker vir ons pieringoog standerd sessies. Sy maak die vreemde taal ‘n bietjie sagter op die oor. Dis toe nie so erg nie. Die jong juffrou begeester ons met “Carpe diem” (gryp die dag) en leer ons onder andere van die LIEFDE: AMO, AMAS, AMAT, AMAMUS, AMATIS, AMANT = ek is lief, jy is lief, sy is lief, hulle is lief, julle is lief. “Ons is lief vir juffrou ook”, is standerd 6C, soos een man, se standaard gevoel. Dit was ook in haar jongdae by Boishaai dat sy mnr Hannes Visagie by ‘n “steak”-ete waarna hy haar uitgenooi het, beter leer ken het. Die liefdesvlammetjie is aangesteek en sedertdien nog nooit geblus nie. Nadat Latyn as skoolvak by Boishaai uitgefaseer is, het Minette nog vir etlike jare die vak vir private leerders by die skool aangebied, terwyl sy ook Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal vir graad 8-leerders aangebied het. Dit was in hierdie tyd dat sy as hoofeksaminator van Latyn in die Wes Kaap aangestel is en het dié pos vir tien jaar met onderskeiding beklee. Die tweede woord wat ek aan die begin genoem het, was fideliter - dit beteken “getrouheid” (in English “faithfully” or “faithfulness”). Getrou aan haar aard en ingesteldheid, getuig mnr Johan Strauss (vorige vakhoof vir Afrikaans), was Minette se vraestelle altyd ‘n toonbeeld van deeglike beplanning en innovering met interessante leesstukke wat by ‘n seun se leefwêreld aansluit. As vakhoof moes hy soms na sy hartmedisynetjies reik wanneer Minette 20 vrae verskaf het by ‘n vraag wat net 10 punte tel, net sodat die vakhoof kon kies van watter 10 vrae hy die meeste hou. Haar nasienwerk was pynlik deeglik met kommentaar om die leerders se foute te remedieer. Getrou aan die etos van Boishaai, het Minette van vroeg af met ‘n ysterhand jong manne gelei en afgerond tot goeie gedrag, goeie dissipline en goeie heerskap/”gentlemanship”. Benewens die akademie, getrou aan haar onderwysroeping het sy haar volle gewig ook ingegooi by buitemuurse aktiwiteite. Vir jarelank het sy die skoolkoor op klavier begelei, was sy die “scribe”-beampte van die tydhouers by die interhuisatletiek, die hulp tydens fotodae wat akkuraat sorg dat elke wese op ‘n foto sy naambriefie invul sodat sy dit dan ry-vir-ry in die regte volgorde kan opneem, en was sy die juffrou wat gesorg het dat die bekers, trofeë, diplomas en pryse vir die prysuitdelingsfunksie netjies in die regte volgorde uitgepak word. Meer as gereeld het sy op ‘n Saterdagoggend sommer net by die krieket of rugby opgedaag om die seuns te ondersteun of aan te moedig.

Getrou aan vrou- en ma-wees, het sy haar man, mnr Hannes Visagie, en twee seuns, Pieter en Johan, altyd voorop gestel en nooit in die steek gelaat met hulp en daad, versorging en ondersteuning nie. Dit bring my by die derde en laaste begrip wat ek aan die begin genoem het: feliciter – dit beteken “blydskap” (in English “happily” or “happiness”). Van al die mooi en goeie eienskappe wat aan Minette toegedig kan word, is blydskap dié eienskap wat vir my nog altyd uitgestaan het. Nog nooit het ek Minette met ‘n lang, suur gesig sien rondloop nie – altyd met ‘n vriendelike gesig, ook te midde van die donker dae wat sy al beleef het. Nooit het sy haar prestasies uitbasuin nie, maar dit eerder met ‘n innerlike blydskap gelate aanvaar: baie bly om nuwe graad 8-leerders aan die begin van die jaar welkom te heet, maar net so bly om hulle aan die einde van die jaar te groet met die wete dat sy haar alles vir hulle gegee het; bly oor die mooi wat sy in ander en ook in die natuur raaksien. Haar kennis van ‘n verskeidenheid van tale het haar uitmuntend geskik gemaak om as vertaler en proefleser van alle vorme van skriftelike dokumente of kommunikasie binne die skool en met die ouers en publiek op te tree. Haar liefde vir en kennis van woordeboeke, tesourusse en die Afrikaanse woordelys en spelreëls het haar die onbetwiste outoriteit op die gebied van “die regte woord” in Boishaai gemaak. Haar jarelange blokkiesraaiselverslawing dra by tot haar uitgebreide woordeskat. Ek en Willem Erwee, en ek glo menige ander op die personeel, sal kan getuig van die waardevolle proefleeswerk wat sy, te midde van haar eie druk program, altyd bereid is om te doen, sonder om te kla of aanstoot te gee. HJS Henties Vrugtesappe Uitnodigingsatletiek-byeenkomsprogram (sjoe!! Dit voel of ek pas ‘n 400 m gehardloop het). Wat is met hoofletters? Waar kom daar koppeltekens? Wat is een woord? ... Minette het die oplossing. Almal wat al op ‘n ongeleë tyd vir Minette ‘n guns gevra het, weet dat sy nie ‘n kollega se versoek kan weier nie en haar eie tyd sal opoffer en op ‘n blymoedige manier baie moeite doen om iemand te help. Hierdie blye hulpvaardigheid spruit uit haar lojaliteit aan Boishaai en haar toewyding aan die personeel en seuns. Soos u reeds kon aflei, is musiek, maar ook lees, twee groot liefdes van hierdie verfynde kultuurmens. Die gedigte van Boerneef is van haar gunstelinge en sy het dit dikwels met gevoel en opsigtelike genot gedurende die personeel se oggendbyeenkomste voorgedra. Aan die einde van hierdie kort herinneringsreis wil ek graag afsluit deur twee kort paragrawe te lees wat Minette se twee seuns vir my gestuur het: “Een ding wat ek weet, is dat my ma nie die bohaai geniet wat met afskeide gepaardgaan nie.

9

BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software