Boishaaier 2021

Hul de b l yk - Mi n e t t e V i s a g i e

Minette Visagie

Fortiter, fideliter, feliciter . Hou hierdie drie woorde in gedagte.

Op 4 Junie 1953 is ‘n klein babadogtertjie, Minette van Huyssteen, in die Oos-Vrystaatse dorpie, Warden, gebore. Min het haar ouers toe geweet watter diep spore sy eendag in die lewens van honderde jong manne sou trap. Haar ouers verhuis Kaap toe. Vanaf ‘n baie jong ouderdom toon sy ‘n fyn aanvoeling en gawe vir musiek. Wat min mense weet, is dat sy reeds op 13-jarige ouderdom ‘n opgeleide konsertpianis was wat in die Kaapstad Stadsorkes gespeel het. Sy voltooi haar hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool DF Malan waar sy ook hoofmeisie was. Sy kies om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer, en wel in ‘n tale-rigting en nie musiek nie. Maar sy skuif nie musiek heeltemal opsy nie, want vir etlike jare is sy lid van die Universiteitskoor. Tale blyk haar passie te wees en sy studeer Afrikaans, Engels, Latyn en doen ook ‘n bietjie kennis op van Frans en Italiaans. Na sy haar studies voltooi het, aanvaar sy ‘n pos by Clarendon Girls’ High in Oos-Londen in die Oos Kaap waar sy hoofsaaklik Latyn as vak aanbied. En nou kom ek by die eerste van die drie woorde wat ek reg aan die begin genoem het, naamlik: fortiter - vrylik vertaal as “moed” (or in English “bravely”, “bravery”). In 1978 lê Minette groot vrouemoed aan die dag toe sy as Latyn-onderwyser by Hoër Jongenskool aangestel word om die jong manne die fynere kuns

in die verstaan en gebruik van hierdie volksvreemde taal aan te leer. Sy was een van slegs twee vroue op die permanente personeel – daar was ‘n paar ander onderwyseresse ook, maar hulle was slegs in tydelike poste. ‘n Mens kon ure in Minette se klas deurbring – veral gedurende eksamentoesig – en jou verkyk aan die modelle van Romeinse akwadukte, katapulte, Colosseums en ander voorwerpe wat deur haar Latyn-leerders gemaak is. Tekeninge deur die leerders en kleurprente van Romulus en Remus wat deur ‘n wolf gesoog word, het die mure versier en die antieke geskiedenis vir die jong Boishaaiers lewendig gemaak. ‘n Oudleerder, Willem Erwee, onthou sy 1978-jaar soos volg: ‘n Baie bewerige standerd 6C-klas stap by ‘n baie ou meneer Deon de Villiers se Latynklas in. Hy is net so oud soos die sketse en foto’s van die Colosseum teen die mure. Die formidabele foto’s en prente van ou Romeinse geboue maak ons nog meer bewerig. My pa het altyd vertel hoe hulle op kweekskool gesukkel het met Grieks en Hebreeus. Hierdie jaar gaan vir my seker dieselfde pyn en lyding wees: Engels by mnr. Richard Visagie en Latyn by mnr. De Villiers. Ons leer Latyn, of eerder ons probeer Latyn leer, dat die stof so staan. En toe ‘n bietjie sonskyn in die duisternis: Juffrou Minette van Huysteen neem na ‘n maand of twee

8 BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software