Boishaaier 2021

Imh o f f

Huismanifes suiwer normatiewe moreel-etiese lewenswaardes waartoe hy hom verbind. ‘n Imhoffer se woord is sy eer, is betroubaar en kom sy beloftes na. • ‘n Imhoffer onderskei tussen reg en verkeerd en handel daarvolgens. • ‘n Imhoffer is eerlik, opreg en regverdig – “A gentleman of complete integrity”. 2. Respek • Respek word betoon aan koshuisbestuur. • ‘n Imhoffer beskik oor selfrespek. Dit vind neerslag in persoonlike netheid, voorkoms en in dit wat hy sê. • Respek word betoon vir die geboustruktuur, toerusting en die huisembleem. 3. Broederskap • ‘n Imhoffer boesem vertroue in en vestig lewenslange vriendskapsbande. • Ondersteuning word aan almal in die huis verleen en hulp word verleen aan diegene wat dit benodig. • ‘n Mentorsverhouding gekenmerk deur ‘n suiwer normatiewe waardesisteem word met graad 9’s ontwikkel en in stand gehou. • Graad 9’s word regverdig, menswaardig en in ooreenstemming met ‘n gebalanseerde, simbiotiese broederskapsverhouding behandel. 4. Verantwoordelikheid • ‘n Imhoffer is verantwoordbaar en aanvaar verantwoordelikheid vir sy dade, besluite en uitinge. • ‘n Bewoner van Imhoff tree op volgens beginsels van ‘n suiwer lewens- en wêreldbeskouing en soos wat van hom verwag word. 5. Selfdissipline • ‘n Imhoffer is stiptelik, lojaal en word geken vir sy onbesproke gedrag in die openbare oog en binne die koshuismilieu.

INLEIDING • In ’n HJS-koshuisgemeenskap is ‘n gedragskode noodsaaklik om die opvoedkundige doelstellings van die koshuis (Imhoff) te bereik. • Orde, dissipline en respek vir elke individu vorm die grondslag vir sukses in ‘n gelukkige Imhoff koshuisgemeenskap. • Christelike beginsels dien as grondslag vir die Gedragskode. • Hierdie Gedragskode erken die volgende: • Die toepaslike onderwyswette • Die Handves van Menseregte soos gevind in hoofstuk 2 van die SA Grondwet • Die Gedragskode vir Personeel soos gevind in die Gedragskode van HJS Paarl. geleentheid te gee vir optimale verwerkliking van vermoëns en talente op alle Christelik opvoedkundige terreine waarop die koshuis hom mag begeef. • Om aan elke Imhoff-bewoner die geleentheid te gee om hom maksimaal voor te berei vir die volwasse lewe en om ‘n meelewende rol te speel. • Om aan elke Imhoff-bewoner as individu met sy eie besondre eienskappe en behoeftes, sekuriteit en geborgenheid te bied as deel van die koshuisgemeenskap. • Om Imhoff-bewoners te leer om vir mekaar om te gee en mekaar se belange op die hart te dra in ‘n gees van samewerking, ondersteuning en wedersydse respek. • Om as koshuis en ouers in vennootskap die beste vir die kind aan te bied deur effektiewe kommunikasie. KERNWAARDES 1. Integriteit • ‘n Imhoffer handel in ooreenstemming met die DOELSTELLINGS • Om aan elke Imhoff-bewoner die volle

5

BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software