Boishaaier 2021

Int r e e b o o ds k a p v an Ho o f s e un 202 2

Geagte meneer Swart, Eregaste, Personeel en die see van Bloubaadjies voor my.

Ernst Kirsten

As ’n jong seuntjie was dit ’n droom wat ek gekoester het, ’n droom wat oor en oor in my kop afgespeel het, ’n droom wat waar geword het. My ma en my pa, my twee rotse, die twee mense wat my dag in en dag uit ondersteun, my wys wat ware liefde is en my wys dat woorde nie vir Rome gebou het nie, maar aksies, en dat deur aksies, harde werk, geloof en vertroue die onmoontlike die moontlike word, ’n krans ’n heuwel word en dat die hekkie voor jou net ’n motivering is om hoër te mik. My twee broers en my vriende: Saam het ons gelag en saam het ons gehuil, saam sal ons lag en saam sal ons huil. Nooit sal ons mekaar ophou dra en nooit sal ons ons rug draai en die band knip wat ons skouer aan skouer bind nie. Julle begryp nie die impak wat julle op my lewe het nie; ek is julle ewig dankbaar. Vier jaar terug toe stap ek hier by die swart hekke tussen die twee pilare in met die wete dat ek deel vorm van iets baie groter as ek self, iets in die hartjie van die Paarl aan die voet van die berg wat 900 seuns saam laat lag, saam laat huil en saam laat trek, iets wat gebind word deur drie pilare en een embleem op die bors van baie, ’n plek gekenmerk deur sy eikebome wat verouder, maar wat nooit sal ophou blom nie. En daardie plek is die Hoër Jongenskool Paarl. It is a place we love, a place where we grow from boys to men, from giants to gentlemen and from strangers to brothers; a place where no man is an island. As matrieks van 2022 het ons ’n visie en missie, ’n missie wat al vir meer as 153 jaar bestaan en ’n visie wat baie al gesien het en baie al voor blind geraak het, ’n visie wat ons soos die geslagte en geslagte en geslagte voor ons vir altyd in die gange van HJS wil laat gestalte kry.

Our vision is to keep on building what has been laid down and passed on to us, to strive and uphold the core values of Paarl Boys’ High and to be the one voice that rolls the dice, that tips the scale and that starts the fire. That one voice that motivates 800 others to cherish what we have as brothers, the one voice that’s playing in your head over and over again, that motivates you to give nothing but your absolute best. Om dié een stem te word, het ons mekaar nodig: die broer langs jou, die een wat nes jy sy baadjie met trots dra, die een wat elke oggend sy kop in gebed langs jou laat sak en weer opkyk na die berg. Nou is die tyd om die vlag van ons skool hoër as ooit te laat wapper in die winde van die Paarl onder die eikebome. Ons tyd om te wys dat ons saam, as een man, een mag, enige klip uit ons pad kan rol, enige berg versit en geen doelwit sal te hoog wees nie. My wens en ons doelwit vir die jaar is dat die drie tradisies van goeie gedrag, goeie leerlingskap en goeie sportmanskap nooit sal ophou weerklank vind in die plek waar hulle gebore is nie, dat ons vlag nooit sal ophou waai nie en dat ons as een van krag tot krag sal beweeg. Someone once said the following: At the end of the day we are all in the line without knowing it. We never know how many were before us. We cannot move to the back of the line. We cannot step out of the line. We cannot avoid the line. So, while we wait in the line, make moments count. Make your gifts known. Make a nobody feel like a somebody. Make your voice heard. Make the small things big and make the change – now and forever, almighty Boys’ High! Tandem Surculus Fit Arbor

30 BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software