Boishaaier 2021

Bo o ds k a p v an d i e s k o o l h o o f

And indeed, a lot has been done at Paarl Boys’ High in spite of the uncertainties of the past year. The following are some highlights. Please read the rest of this publication carefully to get the full picture of activities. HJS het vanjaar ongekende sukses in die jaarlikse Wiskundekompetisies behaal. Hugo Bruwer en Mike Wang is na afloop van die Old Mutual- en UK-Wiskundeolimpiades gekies om die Wes-Kaap in die Nasionale Wiskunde- spanolimpiade te verteenwoordig. Albei die Wes-Kaapse spanne het hulle afdelings van die nasionale kompetisie gewen. Alhoewel Covid-19 vir die tweede agtereenvolgende jaar die rugbyseisoen kortgeknip het, kon ons wel deelneem aan die Hoërskool Monument se Eeufees-rugbytoernooi. Die o. 19A- en B-spanne het na afloop daarvan aan die jaarlikse Noord–Suid-toernooi, wat deur Afrikaanse Hoër Seunskool aangebied is, deelgeneem. Op hierdie toer was HJS onoorwonne. Die volgende seuns is ook gekies vir die SA Skolespan wat na Georgië sou toer (die toer is ongelukkig is vanweë die pandemie afgestel): Abulele Ndabambi, Compion von Ludwig en Keagan Smith. Op tennisgebied het ons die eerste Star South David Samaai- o.15-toernooi aangebied met HJS A, HJS B, Boland Landbou en Stellenbosch as deelnemers. HJS A het die toernooi gewen en HJS B het in die tweede plek geëindig. William Zulch is ook gekies vir die SA junior span. Paarl Boys’ High golfers excelled this term. Our first team won all their Boland fixtures against schools like Paul Roos and Paarl Gimnasium. Four members of the first team – Dylan Kayne, John Rabie, Janus Roberts and Daniel du Plessis – won the Boland Golf Union High School Team Championship. In the area of cultural activities, the Music department took the bull by the horns by presenting the first ever Boishaai Eisteddfod in the absence of the Paarl Valley Eisteddfod. History was also made when one of our boys, Cleto van Rooi, recently took part in the ballet production of Coppélia. He danced the part of Pierrot in the first production back at Artscape after Covid restrictions were lifted.

Certainly, hats need to be lifted to our teachers and boys for showing truly indomitable spirit in the wake of another “year of fear”. Ter afsluiting: Ons verkies om die suksesse in die jaar van 2021, hoeveel hartseer daar ook al mag wees, te vier, en in hoofsaak die volgende: 1. Ons kon elke dag skool hê en in November ’n volledige eksamen skryf, waarin ons seuns oor die algemeen baie goed gevaar het. 2. Daar was fenomenale uitslae in sport (prestasies op die krieketveld en tennisbaan, die atletiekspan wat die provinsiale Twizza kampioen is, die twee rugbyspanne wat hul onderskeie afdelings by die Hopefield tien aan-’n-kant-toernooi gewen het) en kultuur (uiters suksesvolle drumline-optredes, die Toneel-en-filmaand, die Gala-aand) in die vierde kwartaal. 3. Gelei deur ’n baie gefokusde en gedrewe matriekgroep onder leiding van die prefekte en hul hoofleiers, te wete mnre Neil Goosen en Luke van Schoor, kon die seun vaardighede ontwikkel soos hierbo genoem. 4. Alhoewel ons nie Interskole kon hê nie, is die gees daarvan deur mnr Willie Nel en die Geeskomitee lewend gehou met die versiering van die skool tydens Interskoletyd. Die effek daarvan om op ’n Maandagmôre by ’n skool getooi in Interskolekleure in te stap was oorweldigend! 5. Dit alles met die uiteindelike wete: Boishaaiers is nie nooit slagoffers nie, maar altyd oorwinnaars! And so, we can truly say: To survive is not enough for me, to thrive is where I want to be ! Therefore, I lift a glass of hope and encouragement to the year of our Lord 2022 and try to answer the question posted by the great John Lennon in the following way: As I stand beneath the far-famed rock of granite grey On solid steps of a school, the best all people say Fear and dread all melt in the wake of a shiny day Because above all else, that’s the Boishaai way.

21

BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software