Boishaaier 2021

Mar k e t i n g

Danksy ons baie lojale HJS-ouers, oudstudente en ondersteuners het ons weer vanjaar drie fantastiese veilingervarings gehad. Bemarking 2021

Eerstens kon ons in Maart ondanks die Covid beperkings ’n baie suksesvolle jagpakketveiling by Brugstraat aanbied. Die entoesiasme vir die buitelugveiling was groot en die manne en vroue wou net weer ’n slag ’n skoolfunksie bywoon. Ten spyte van ’n steeds moeilike jaar met heelwat beperkings kon ons ons Jagpakketveiling opvolg met ’n stylvolle Wynveiling te Boschenmeer met seremoniemeester en oudleerder Peter Pentz. Die volgepakte saal by Boschenmeer het bewys hoe gewild dié veiling geword het. Ons laaste veiling was die tradisionele skaap- of dan lamveiling wat weereens voor die skool plaasgevind het. Soos voorheen is daar tot lank na die laaste bod toegeslaan is, saamgekuier. Ons wil graag elke seun, ouer, oudleerder en ondersteuner van harte bedank vir die volgehoue ondersteuning wat ons jaarin en jaaruit ontvang. Sonder elkeen se unieke bydrae sou dit beslis nie vir ons moontlik gewees het om hierdie projekte om aan te pak nie. Ons sien uit na volgende jaar. Baie dankie ook aan mnr Richard Visagie en sy besonder effektiewe span wat al drie suksesvolle veilings moontlik gemaak het. Bemarking 2021 Nog ’n jaar waarin die Covid-kiem normale skoolaktiwiteite baie moeilik gemaak het, het ons gelukkig net aangemoedig om, waar en wanneer ons kon, die paar geleenthede aan te gryp en die beste daarvan te maak. Hier volg ’n paar van Bemarking se aktiwiteite: HJS Fan Park Ten tye van Grey Kollege se besoek aan HJS het ons weens die Covid-19-toeskouerbeperkings ’n spesiale ‘fan park’ by Kosie en Bea Möller by Oppiestoep geskep waar ouers en ondersteuners die wedstryde

op TV kon volg. Dit is baie goed ontvang en ondersteun deur ons ouers.

Ma-en-Seunaand 2021 Te midde van baie streng Covid-19-regulasies kon ons vanjaar ’n baie geslaagde Ma-en-seunaand by Brugstraat aanbied. Die ongelooflike belangstelling was vanjaar weer so groot dat ons die funksie oor twee aande moes versprei om binne die reël van maksimum 250 gaste vir ’n buitefunksie te kon bly. Danksy puik samewerking vooraf met die Drakenstein Polisie, kon ons die funksie binne al die komplekse Covid-19-reëls en -regulasies gemaklik aanbied. Mnr Derek Swart en Ian Visser het musiek verskaf en onder die note van “Lady in Red”, het die leerders elkeen vir hulle ma’s ’n blom oorhandig. Ons sprekers se boodskappe was baie relevant met eers mnr Swart wat met die seuns gesels het oor hoe Boishaaiers meisies moet hanteer, gevolg deur ’n paneelbespreking, ook gelei deur mnr Swart. Op die paneel was mnr Steve Swart, oudouer en LP vir die ACDP, saam met sy tweelingseuns, Nathan en Josh. Verskeie relevante ervarings en staaltjies uit hul Boishaai-loopbane is met die gaste gedeel. Danksy ons eie Boishaai-aktrisema, Milan Murray, wat as seremoniemeester opgetree het, het die verrigtinge seepglad verloop. Baie dankie aan almal wat hierdie twee aande ’n reusesukses gemaak het. Boishaai TV Die Boishaai TV-span het weereens vanjaar TV dekking gegee aan die belangrikste sport-, kultuur- en saalbyeenkomste. Onder Dewald Demas se leiding het hulle ook die eerste episodes van “Boishaai-boustene/bricks” (kort video-episodes van gebeure, geboue en persone wat oor die jare bygedra het tot die Boishaai soos ons hom vandag ken) bekendgestel.

150 BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software