Boishaaier 2021

Ru gb y

o.19A Agter: Jacques de Villiers, FC Fourie, Mèno Barnard, Ruan Venter, Danté Burger, SJ Kotze, Cobus Louw, Jared Rees Middel: Keagan Smith, Juan Smal, Shah-Jehaan de Jongh, Liam Kuperus, Hanno Wessels, Eduard du Toit, Josh Pentz, AJ van Heerden, Ruben Swanepoel Voor: Mnr R Rust (sportwetenskaplike), Coetzee le Roux, mnr A Blom (afrigter), Abulele Ndabambi, mnr D Sadie (afrigter), Compion von Ludwig, mnr D Swart (skoolhoof), Luca Ribbens, mnr E Bester (spanbestuurder)

Provinsiaal en SA Skole Later die seisoen is die jaarlikse Cravenweek gekanselleer sonder dat daar enige proewe plaasgevind het. Die volgende seuns is wel verkies vir ’n SA Skolespan wat na Georgië sou toer, maar die toer is ook ongelukkig ’n week voor die groep vertrek het, gekanselleer. Die volgende drie seuns sou Boishaai verteenwoordig het: Abulele Ndabambi Compion von Ludwig Keagan Smith Ons is baie trots op Ruan Venter wat as skoolseun verkies is tot die o.20-Leeus- Curriebekerspan. Die span het die finaal gewen waarin Ruan die wendrie gedruk het en ook aangewys is as die speler van die wedstryd. Daar was altesaam ses oudskoliere in die finaal betrokke.

vertrek na Hopefield en die aand daar oornag ter voorbereiding van Hopefield se eerste 10’s-toernooi wat die Saterdag plaasgevind het. Die wedstryde het bestaan uit twee helftes van 10 minute elk. Ons twee spanne het baie goed gevaar deur die plaateindstryd asook die bekereindstryd te wen. Die plaateindstryd is teen Hopefield gewen met ’n telling van 12 – 7. In die hoofwedstryd van die dag was HJS net te sterk vir Hoërskool Durbanville en eindig die eindstryd met ’n uitstekende oorwinning van 47 – 5. Baie dankie aan elke afrigter wat tydens uitdagende omstandighede nog steeds passievol betrokke was en spelers daagliks ontwikkel het. Dankie aan elke ouer vir hulle tyd en ondersteuning. Vir die velde se voorbereiding en uitstekende toestand bedank ons die terreinpersoneel van Buco Brugstraat onder leiding van mnre Hennie Carstens en Johan Swart. Laastens maar nie die minste nie, baie dankie aan elke oudskolier vir die ondersteuning tydens die seisoen. Die afrigters en seuns waardeer dit opreg.

Hopefield 10’s Twee o.17-rugbyspanne het Vrydag 5 November

133

BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software