Boishaaier 2021

Ru gb y

Die seuns het ná ’n suksesvolle oefenkamp in Desember 2020 tydens die vakansie baie hard gewerk om hulle mikpunte voor die 2021-rugbyseisoen te bereik. Rugby

Al het die skool later begin weens die Covid pandemie, was die seuns met die aanvang van die nuwe skooljaar uitgerus, fiks en gesond. Die hoogtepunte van die rugbyseisoen het die toer na die noorde en die Grey-naweek ingesluit, maar daarna het die Covid-pandemie ongelukkig vir die tweede agtereenvolgende jaar die rugbyseisoen kortgeknip. Voorseisoen In Boishaai is ons trots daarop dat al die rugbyseuns tydens die eerste kwartaal aan ’n somersport deelneem. Die kondisioneringsprogram onder leiding van mnr Ryno Rust moet dus aanpas by die somersportprogram om die seuns die geleentheid te gee om die beste te lewer in elke sportsoort. In samewerking met mnr Peter Engledow is die voorseisoen suksesvol beplan en het almal betrokke baie hard gewerk om die seuns gereed te kry vir die eerste wedstryde tydens die Monnas Eeufees rugbytoernooi in Krugersdorp. Covid-regulasies het ons verhoed om vanjaar in die Bulfees in Porterville te speel en ons het dus oefeninge in spanverband gehou teen onderskeidelik Drostdy en Paul Roos. Die oefeninge was veral belangrik vir die junior spanne wat weens die pandemie ongelukkig geen toernooie in die vakansie kon bywoon nie. Monument Eeufees-rugbytoernooi Die o. 19A-, o. 19B- en o. 16A-spanne was bevoorreg om aan die Hoërskool Monument in Krugersdorp se Eeufees-rugbytoernooi deel te neem. Al was die voorbereiding vir die wedstryde uitdagend, het ons spanne baie goed vertoon. Die uitslae was soos volg: o.19A HJS 59 – 21 Welkom Gimnasium o.19B HJS 38 – 0 Helpmekaar Kollege o.16A HJS 31 – 7 HTS Middelburg HJS 42 – 0 Monnas

Na afloop van die toernooi het die o.16A-span teruggevlieg huis toe en die o.19A- en B-groep is Sun City toe ter voorbereiding van die Noord–Suid rugbytoernooi. Noord–Suid-rugbytoernooi Die o.19A- en B-span het by hierdie toernooi wat deur Afrikaanse Hoër Seunskool aangebied is, albei teen Hoërskool Noordheuwel en Hoërskool Monument te staan gekom. Op hierdie toer was HJS ook onoorwonne. Die uitslae was soos volg: o.19A HJS 79 – 9 Noordheuwel HJS 34 – 18 Monnas Grey Kollege HJS het tydens die eerste naweek van die tweede kwartaal die jaarlikse kragmeting teen Grey Kollege gehad. Dit was wel die eerste keer dat al ons spanne kon deelneem. HJS het 21 wedstryde gespeel waarvan ons tien gewen het en elf verloor het. Dit was vir die meeste van ons spanne hulle eerste wedstryd vir 2021 en ons seuns het baie goed gevaar in uitdagende omstandighede. Rondebosch Die naweek ná Grey Kollege se wedstryde het ons met die meeste spanne na Kaapstad gegaan om kragte te meet teen Rondebosch in sopnat weersomstandighede. Daar is 15 wedstryde gespeel waarvan HJS dertien gewen het, een gelykop gespeel en een verloor het. Die seisoen is ná die naweek ongelukkig kortgeknip met die Covid-getalle wat gestyg het en strenger regulasies toegepas is ten opsigte van skolesport. o.19B (Seccies) HJS 64 – 5 Noordheuwel HJS 44 – 8 Monnas

132 BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software