Boishaaier 2021

alle wedstryde met die o.15B-span se oorwinning teen Paarl Gim se A-span wat uitstaan. Die eerste tennisspan het deelgeneem aan die Kovsies Grey Kollege-tennisfees waar agt van die toptennisskole deelgeneem het. Ons span bestaan uit twee graad 10-, twee graad 9- en drie graad 8-seuns en hulle eindig in die 4e posisie. Verskeie van ons jong seuns het uitstekende oorwinnings behaal oor seuns baie ouer as hulle. Dieselfde naweek speel ’n gekombineerde tweede en o.15 span in die Boland Landbou-tennisfees. Hulle kompeteer teen ander skole se eerste spanne en speel uit vir die 3e en 4e posisie. Die wedstryd reën ongelukkig uit. Twee van ons o.15-tennisspanne het ook saam met Paarl Hoër Meisieskool en La Rochelle aan die Maretha Burger- onder 15-toernooi deelgeneem. Ons A-span presteer deur die toernooi saam met HMS te wen. Verskeie van ons seuns het aan TSA- en ITF-toernooie deelgeneem. JC Paul kwalifiseer vir die WP Mini Masters (seuns onder 16) en eindig in die 7e plek.

Toit Malan kwalifiseer ook vir die WP Mini Masters en wen die toernooi. Reinhardt Mostert wen die onder 14-afdeling van die Eden Mini Masters (3–5 Desember). In hierdie hele toernooi verloor hy slegs 6 potte. William Zulch het aan verskeie ITF-toernooie deelgeneem: Tydens die David Samaai Junior Ope klop hy vir Michael Minasyan van Swede wat die no. 121- junior speler in die wêreld is – voorwaar ’n baie groot oorwinning! Hier eindig dit egter nie: William span die kroon deur op 3 Mei 2021 in die finaal van die TSA Junior Nationals te speel en aan Boishaai ’n nasionale tenniskampioen te besorg! William speel ook in Desember 2021 as deel van die SA span in die Africa Region 5 Youth Games en is reeds deur na die finaal. Ons sien uit na ’n groot tennisjaar in 2022!

Te nn i s

Erik Bester Hoof van Tennis

1ste Span Agter: Marno van der Merwe, Toit Malan, JC Paul, Emile van den Berg, Reinhardt Mostert Voor: Jaco Snyman, me L Visser, William Zulch, mnr E Bester (afrigter), Frans Willem van der Merwe

122 BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software