Boishaaier 2021

Wena Louw

Hul de b l yk - We n a Lo uw

Wena Louw is gebore in Oudtshoorn waar sy ook

In 1991 sluit Wena by Boishaai aan in ’n tydelike hoedanigheid, maar sy word sommer die volgende jaar in ’n vaste pos aangestel. Mnr Knoetze, skoolhoof tydens Wena se aanstelling, beskou haar as een van HJS se grootste bates, wat as gesant van die hoof en personeel in die finansiële komitee van die Bestuursliggaam uitmuntende werk verrig het. Die gerustheid wat sy by hom as skoolhoof geskep het met haar knap hantering van die belangrike portefeulje van finansies en haar altyd verhelderende maar terselfdertyd vermanende terugvoering aan die personeel bly hom by. Mnr Hannes Visagie, onderhoof op daardie stadium, beskryf Wena as iemand wat in haarself en haar vermoëns geglo het sodat sy in ’n personeel van slegs sewe dames en genoeg mans om die nodige te doen, maklik ingepas het en uiteindelik op al hoe meer terreine in die skool sterk leiding begin neem het totdat sy as die eerste vroulike departementshoof en uiteindelik as die eerste vroulike adjunkhoof by Boishaai aangestel word. Mnr Nollies de Vries, tans adjunkhoof, wat ses jaar ná Wena by Boishaai aangesluit het, kan homself vereenselwig met hierdie Karoomeisie met die vrolike humorsin. Op akademiese gebied het hy groot bewondering vir haar kompeterende geaardheid wat gesorg het dat die Rekeningkunde departement ná 30 jaar toppresteerders in die land geword het. Hy het waardering vir haar leiding in die Senior Bestuurspan en as jarelange lid van die Beheerliggaam. Hy het haar leer ken as iemand wat die bal speel en nie die man nie, wat nie lank kwaad bly nie en hy verwys ook graag na die voorbeeld wat sy stel deur sonder skroom te erken as sy verkeerd was. Lize, haar dogter, beskou dit as ’n eer om die dogter te wees van hierdie vrou wat elke leerder sy beste kans op sukses gebied het deur haar kennis op ’n gematrikuleer het. Daarna het sy aan die Universiteit Stellenbosch gaan studeer en in 1979 het sy by La Rochelle begin skoolhou.

entoesiastiese en onbaatsugtige wyse oor te dra. Sy het selfs sover gegaan om FinRek 3 te gaan opswot sodat sy ’n universiteitstudent wat met hierdie moeilike vak geworstel het, kon help. Met dieselfde entoesiasme begin Wena muurbal as ’n sportsoort by HJS en onder haar leiding en inspirasie bereik hierdie sportsoort die topposisie in die land. Hierdie entoesiasme van Wena en haar lojaliteit teenoor die skool laat haar man, Francois, opmerk dat Boishaai die rede was waarom Wena elke dag vir 30 jaar lank letterlik én figuurlik vir Boishaai opgestaan het. Francois som haar tyd in hierdie skool soos volg op: • Wena was tuis voor haar klas. • Boishaai het die pedagoog in haar gevoed. • Sy het gebaai in die Boishaai-hawe van uitnemendheid. • Sy tree af in ’n gees van vervulling. Wena se humorsin bly baie oustudente by en hulle het ’n hele paar staaltjies wat hulle oor haar te vertel het, soos dié een van Frans Malherbe wat hom verkneukel oor die keer toe sy haar hoëhakskoene uitgetrek en hom daarmee pakslae gegee het, of die 2003-Rekeningkundeklas wat vertel dat sy hul boeke soos frisbees by die klas uitgegooi het. Maar die eienskap wat die seuns die meeste bybly is me Louw se toeganklikheid en die feit dat sy werklik vir mense omgee. “Sy oordeel nooit, hou nie ’n wrok nie en is bereid om elke dag met elke mens ’n nuwe bladsy om te slaan”, is wat daar van haar gesê word. Mnr De Vries groet Wena soos volg: “Wena, jou pligsbesef het jou talle kere jou werk bo oorsese vakansies en allerhande lekker goed laat kies. Nou is dit jou en Francois se tyd – geniet dit wat jou toekom!”

Nollies de Vries

12 BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software