Boishaaier 2021

Hul de b l yk - Mi n e t t e V i s a g i e

MINETTE VI SAGI E

Laat ek dus my woorde so ekonomies moontlik hou. Ons Visagies is oneindig dankbaar vir die voorreg om ‘n lewensverhouding met die HJS te kon hê, en dus ook indirek dankbaar vir ma as opvoeder al die jare by Boishaai. Ek is trots daarop dat ons almal, maar ook individueel, betekenisvol en ingrypend kon bydra tot die behoud, versterking en uitbou van HJS se institusionele kultuur, etos en tradisies. Al was ek lanklaas in Boishaai, lyk, klink en voel alles wat ek van die HJS sien, hoor, lees en beleef nog bekend. Dis slegs só weens die toewyding van personeel, mense soos my ma.” (Pieter) “As ‘n voorstander van ‘n gematigde lewe het my ma deur haar besonderse toewyding tot die onderwys net mooi die teendeel uitgeleef. Bedags in die klaskamer en snags voor die rekenaar in die studeerkamer, het sy haar passie vir taal uitgeleef. Ek is so trots op die bydrae wat my ma gemaak

het tot die vestiging van die HJS as akademiese en kulturele instelling, en ek vertrou dat haar invloed ‘n blywende impak sal laat op die skool, sy mense en die seuns. Sy kan nou aftree met die tevredenheid dat sy haar deel gedoen het om ons wêreld ‘n beter plek te maak.” (Johan) Veni Vidi Vici I came, I saw, I conquered Minette, na 46 jaar in die onderwys (JA, u hét reg gelees), waarvan 44 jaar by Boishaai, mag jy jou welverdiende aftrede terdeë geniet. Geniet jou middagstappie, ruik die blomme, lees die ongelese boeke, geniet ‘n glasie wyn en luister weer na die

musiek uit vergange se dae. Carpe vinum (seize the wine)

Jan Mostert

11

BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software