Boishaaier 2021

Cr i c k e t

Ondervinding het deur die jare bewys dat daar baie belangstelling onder die seuns is om krieket te speel en die sport het die afgelope paar jaar baie gegroei. Krieket

Aangesien ons as skool ongeveer 200 wedstryde per jaar speel, is dit baie belangrik dat elke speler wat krieket wil speel, moet besef watter vlak van toewyding van hom verwag gaan word. Die Covid-19-pandemie het sy uitdagings gehad, maar trou aan ons jaar se leuse “Don’t limit your challenges, challenge your limits” het HJS Krieket sterk gegroei gedurende die seisoen. Ons het vanjaar vyf seuns wat in die onderskeie Boland krieketspanne ingesluit is, van wie vier in die Boland se onder 19-span is. Ons is ook baie bevoorreg om goeie ondersteuning van ons ouers en beheerliggaam te geniet sodat ons veld en nette ongetwyfeld as die beste in die Boland beskou kan word. By HJS is ons baie trots op hierdie krieketfasiliteite, op ons krieketkultuur en op dit wat ons as afrigterspan in krieket vermag. Vir die eerste keer sedert 2019 kon ons op ons jaarlikse toer Pretoria toe gaan. Dit was uiteraard vir die seuns ’n wonderlike ervaring. Die eerste span verdien spesiale vermelding vir hul eerste oorwinning oor Garsfontein sedert ons hierdie toer Pretoria toe onderneem. Hulle het ook vir die eerste keer sedert 2018 oor Waterkloof op Waterkloof se tuisveld geseëvier. Dan wil ons graag vir Gysbert Wege gelukwens wat die eerste speler in die land is wat gedurende die eerste helfte van die seisoen ’n duisend lopies verbygesteek het – voorwaar ’n besonderse prestasie. We would furthermore like to make special mention of the first team’s match against Somerset College on 9 October at Buco Brug Street. PBH won the toss and decided to bat first. The following outcome was achieved: Gysbert Wege hit 242* runs off 138 balls (including 15 sixes and 16 fours), the highest ever individual score by a PBH batsmen in any team, including the first team.

Lieben Engelbrecht scored 106* off 91 balls. Gysbert and Lieben notched a partnership of 311 unbroken runs – the highest first team partnership in Boys’ High’s cricket history. The team attained the highest ever first team score of 447/2 in 50 overs. Die volgende spelers het honderdtalle en vyf of meer paaltjies behaal: 100-talle Gysbert Wege 113 vs Waterkloof Gysbert Wege 136 vs Queen’s College Erwin Meyer 138 vs Queen’s College Gysbert Wege 128* vs Pearson High Gysbert Wege 242* vs Somerset College Lieben Engelbrecht 106* vs Somerset College Roux Meyer 156 vs Curro Johan Wege 115 vs Sacs 5 of meer paaltjies Baie dankie aan elke afrigter vir die lang ure in die son en die mooi manier waarop julle met die seuns werk. Baie dankie aan mnre Hennie Carstens en Johan Swart en hulle span wat die velde en blaaie vir ons voorberei; ons waardeer die tyd en inspanning op hierdie gebied opreg. Baie dankie aan die dames van die koshuis wat altyd gereed staan met ons etes en drinkgoed. Dan, ’n spesiale dankie aan ons ouers vir hul volgehoue ondersteuning deur dik en dun. Sonder julle kan ons dit nie doen nie. Laastens wil ek vir elke speler van HJS baie dankie sê vir julle gesindheid, julle tyd, julle lang ure in die son en die manier waarop julle vir HJS krieket speel. Ons is werklik trots op julle! Gysbert Wege 5/41 vs Waterkloof Christian Burger 6/7 vs Drostdy

106 BOI SHAAI 153 YEARS

Made with FlippingBook Digital Publishing Software