BOISHAAIER 2016

Golf GOLF

EERSTE KWARTAAL Die formaat van deelname van skole in die Boland Gholfunie-distrik het verander. Skole skryf nou hul eerste spanne in die eerste liga, die tweede span in die tweede liga en die derde span in die derde liga in. HJS skryf drie spanne in: een span in elk van die ligas. Die eerste en tweede ligawedstryde vind beurtelings op Maandae plaas en die derde ligawedstryde op Dinsdae. Op die betrokke dag van spel neem ’n span teen al die ander skole se spannrn daardie betrokke liga deel, soos ingedeel. Die spelformaat is steeds houespel (medal) op ’n nul-voorgee. Die skole teen wie ons deelneem: EERSTE LIGA • Paarl Gimnasium • Parel Vallei • Paul Roos • Somerset College Uit 38 spelers in hierdie liga eindig drie HJS-spelers onder die toptien met Francois Cilliers (gr 9) in die tweede plek. HJS het algeheel derde gekom, maar moes weens beserings sonder twee topspelers (o.a. HJS se nommer 1-speler) klaarkom. KENAKO Hierdie kompetisie het oor drie dae in die George-omgewing plaasgevind. Die weer was wisselvallig met sterk wind en reën op dag 2. Altesaam 19 spanne en 76 spelers het aan die toernooi deelgeneem. Dag 1 is op op die Kingswood-baan gespeel, dag 2 op die Mosselbaai-baan en dag 3 op die George-baan. HJS eindig sewende uit tien spanne. Tyron Snyders en Stephen-John Schmidt se puik spel is meldenswaardig, veral Tyron se prestasie op al drie bane wat aan hom ’n spoggerige sesde posisie besorg het: Tyron Snyders GHOLF TWEEDE KWARTAAL Vier wedstryde word hierdie kwartaal gespeel. Die formaat in die winterliga is Stableford op ’n 18-voorgee en ons het drie spanne hiervoor ingeskryf. HJS vs Gimnasium te Boschenmeer : Die eerste span verloor met een punt (HJS 99 Gim 100), maar die tweede span (HJS 96 Gim 88) en die derde span (HJS 85 Gim 77) wen hul wedstryde. HJS vs Somerset College te De Zalze: Die eerste span wen (HJS 99 SC 94), die tweede span kry 84 punte en die derde span 60 punte. HJS vs Landbou te Wellington: Die eerste span (HJS 102 Landbou 70) en die tweede span (HJS 83 Landbou 34) wen. Die derde span kry 81 punte. HJS vs Paul Roos te Devonvale: Die eerste span wen met een punt (HJS 104 PRG 103), die tweede span speel gelykop (97) en die derde span verloor met 5 punte (HJS 81 PRG 86). VERDER … HJS skryf twee spanne in vir die Boland Hoërskole- gholfkampioenskap waar 16 spanne meegeding het. Die kompetisie het in Worcester plaasgevind. Die beste drie uit vier tellings word geneem en ons eerste span eindig tweede met 224 houe. 73 (Kingswood) 79 (Mosselbaai) 77 (George) Stephen-John Schmidt 76 (George)

TWEEDE LIGA • Boland Landbou • Bridge House • Hoërskool Swartland • Hugenote HS • Paarl Gimnasium • Parel Vallei • Paul Roos HJS se tweede span het in hierdie liga voorwaar skoonskip gemaak. DERDE LIGA • Boland Landbou

• Bridge House • Hugenote HS • Paarl Gimnasium • Paul Roos HJS het hier ook gewen.

SWINGFIT ’n Groep van nege spelers kry elke Woensdag professionele afrigting te Pearl Valley. Die seuns geniet dit baie en bevestig dat dit tot hulle voordeel is. HJS kan reeds diepte in hulle spanne waarneem wat aan die goeie, gevorderde afrigting toe te skryf is.

In die wedstryd teen Grey College te Paarl speel drie HJS-spanne teen drie Grey-spanne. Die kompetisie vir die 1 en 2e span is oor 36 gate beslis. Die eerste 18 gate is op 4BBB-putjiespelformaat gespeel en die tweede 18 op ’n individuele putjiespelformaat. Die derde span se kompetisie is ook op ‘n individuele putjiespelformaat oor slegs 18 gate gespeel. Dit was ’n lang dag, maar goeie gholf is gespeel en goeie sportmanskap en gedrag getoon. Die seuns het dit geniet. Die eerste span wen 7 – 2. Wenners van die 4BBB-putjiespel: Ethan Smith en Luca Schwarte; Stephen-John Schmidt en Francois Cilliers. Wenners van die individuele putjiespel: Ethan Smith; Luca Schwarte; Stephen-John Schmidt; Francois Cilliers en Jack Cloete. Die tweede span wen 5 – 4. Wenners van die 4BBB-putjiespel: Thomas Esterhuizen en Ian du Plessis; Johan Cronje en Michael Papenfus; Jonathan Alderson en Marco da Lanca. Wenners van die individuele putjiespel: Marco da Lanca en Johan Cronje. Die derde span speel gelykop met 3 – 3 elk. Wenners van die

individuele putjiespel: Jean-Luc du Toit; Jacques Rousseau en Wynand Hattingh.

2016 PAARL BOYS’ HIGH SCOOL | 97

Made with FlippingBook Online newsletter creator