BOISHAAIER 2016
Culture CULTURE
KULTUURKAMP Op Woensdag 27 Januarie het al die lede van Cantare, die blaasorkes en die drumline saam met mnre. Van Hansen en Van Staden en mee. Goldstone en Von Mollendorf na die Bergkroon-kampterrein in Bainskloof vertrek vir die jaarlikse kultuurkamp. Nuwe repertorium vir die jaar word tydens hierdie paar dae aangeleer en daar word gemiddeld ses uur per dag geoefen. Daar word ook seker gemaak dat die akademie nie afgeskeep word nie: twee uur per dag is opsy gesit vir huiswerk en hersiening. Tussendeur was daar darem ook tyd vir ontspanning, swem en lekker spanbou-aktiwiteite. Die kamp is op 31 Januarie afgesluit deur as kultuurgroep die diens in die Moedergemeente in Wellington by te woon. Gedurende hierdie geleentheid het Cantare beïndruk met pragtige sang.
2016 PAARL BOYS’ HIGH SCOOL | 67
Made with FlippingBook Online newsletter creator