BOISHAAIER 2016

Latyn LATYN

So skuins voor die eksamen het die Latyn-leerders weer vir een oggend hul jaar se kennis van die vak tydens ’n uitstappie op die proef gestel. Vanjaar het hulle twee bekwame gidse gehad om hulle touwys te maak: Eerstens het mnr. Stéfan van Hansen met sy wye belangstellingsveld die seuns vergas op staaltjies en interessanthede in en om die Strooidakkerk en veral oor die besondere orrel in dié kerk. Ons het binne die beperkte tyd tot ons beskikking besef dat die helfte ons nog nie vertel is nie. Daarna het ons die stadsverkeer aangedurf om uiteindelik by die rustige Kirstenbosch uit te kom, waar me. Eugenie Louw, suster van mnr. Kristian Bezuidenhout en ’n kenner op die gebied van die Kaapse fynbos en veral proteas, ons staptog deur die tuin soveel meer sinvol gemaak het en ons navorsing oor Latynse plantname ryklik aangevul het. Ná hierdie twee verrykende ervarings kan ons in hierdie pragtige wêrelddeel waarin ons woon, met oortuiging sê: si monumentum requiris, circumspice: Indrukwekkende dinge is nie ver van jou nie – kyk net rond! LATYN

48 | HOËR JONGENSKOOL PAARL 2016

Made with FlippingBook Online newsletter creator