BOISHAAIER 2016

FONDSINSAMELING

WYNVEILING Ons 21ste veiling word deur meer as 200 gaste te Domaine Brahms bygewoon! GROOT waardering vir Johan en Gesie van Deventer vir die gebruik van hierdie mooiste, mooiste venue …. EN Anja en haar span wat ons bederf het met die heerlikste ete, Fairview vir die broodtafel met al hulle lekkerste kase en Nwanedi Wine and Country Manor met tuisgemaakte konfyte.

FATHER AND SON GOLF DAY “How To Play In Bad Weather” was the most asked question at this year’s Father-and-son golf day held at Boschenmeer Golf Club. Even with scattered rain showers this event once again proved to be a success with 34 four balls being entered. The players enjoyed themselves enormously on this spectacular course. The dinner and prize-giving went down very well and we were able to award all players of prizes on the evening. Our sincere thank you to our main sponsor PSS (Print and Signage Solutions) and to all who participated, and to the staff of Boschenmeer Golf Estate for their excellent and professional arrangements. It just goes to show there is no such thing as bad weather on the golf course.

Fondsinsameling FONDSINSAMELING JAGPAKKETVEILING Die 2016-veiling was weer eens ’n reusesukses. Ons het dit vanjaar op ’n windstil herfsaand vir die eerste keer by Brugstraat gehou – prentjiemooi. Richard Visagie het die gasspreker, Danie Obermeyer, aan die gehoor voorgestel en hy het ons met sy baie interessante jagstaaltjies aan sy lippe laat hang. Die afslaer was die bekende Carl Malherbe, wat die veiling op ’n baie spesiale en effektiewe manier gelei het en die 22 pakkette maklik aan die ywerige bieërs verkoop het. DANKIE aan al die kelders, wynmakers, ouers, oudstudente en vriende wat met julle teenwoordigheid ons ook op hierdie manier ondersteun het, julle bydrae is vir ons van onskatbare waarde. Dankie aan die gashere vir die reël van julle gaste om van hierdie 21ste veiling ’n fenomenale sukses te maak. Sonder julle bydraes en welwillendheid sou dit nie moontlik gewees het om dit die grootste veiling tot nog toe te kon maak nie. Maak solank ‘n aantekening in jou dagboek: 2017 se wynveiling word DV op 6 September in die Stadsaal aangebied (bloot omdat Domaine Brahms te klein sal wees).

Graag wil ons ook die volgende mense bedank vir die reël van kopers en vriende: Chris Kruger, Ewalda Dippenaar, Jean Nortier, Charl Fourie, Anton van Wyk, Conradie Burger, Francois Gerber, Judex Burnett, Percy van Rooyen, Sean Erasmus en Sean Hoctor. Theo Basson van Ormonde het gesorg vir die wyn. Ook ’n spesiale woord van dank aan Carike Heydenrych vir die interessante versierings op die tafels. Dankie ook aan Dave Rawlings vir die klank en die DVD-skerm, en aan Willem Immelman van Safari & Outdoor vir sy spesiale donasies. Ons dank ook aan Rudolph Baard van Rudolph Baard Optics vir sy spesiale skenking. My persoonlike dank aan Ettienne Cronje vir die reël van jagpakette. Sonder jou sou dit nie so ’n groot sukses gewees het nie, Ettienne. Dankie ook aan die manne van Werda wat Delico se murg-sagte tjoppies vir ons gebraai het en aan Tertia Hauptfleisch en die koshuispersoneel vir die voorbereiding van die ete. Ons laaste dankie gaan aan die kopers vir die aankoop van die pakkette. Mag julle ’n baie suksesvolle en ook genotvolle jagseisoen hê waarin nuwe vriendskapsbande ook gesmee gaan word.

Baie dankie aan Jacques Grobbelaar, Uschi Ruthard, Ursula Windt en Sue Davies vir die reëlings en hulp, asook vir die opstel van die katalogus. GROOT dank aan die volgende persone vir die skenk of reël van die pakkette: Yolande Reyneke, Danie van Wyk, Willem Immelman, Barries Snijman, Deon Winterbach, Tertius Marais, Tickey van Wyk, Hennie Erwee, Eddie Hamman, SJ Poggenpoel, Melt van den Heever, Marthinus Snyman, Roland du Toit, Acton van Aardt, Billy van Zyl, Dolph Baard en Kosie Marais.

136 | HOËR JONGENSKOOL PAARL 2016

Made with FlippingBook Online newsletter creator