BOISHAAIER 2016

Boodskap van Hoofseun BOODSKAP VAN HOOFSEUN 2016

Ruan van der Merwe Hoofseun 2016

’n Silwerknopie op ’n mooi geknoopte das en ’n blou knopie op jou linkerborskas. ’n Doopkaptein met die naam Lombard, met die woord “Parade!” wat om drie-uur die oggend deur jou ore jaag. Seniors vir wie jy moet opstaan en onderwysers wat bereid is om jou te dra. Die jare stap aan en ons raak meer volwasse, net om onsself meer soos kinders te gedra. Af en toe probeer ons onsself vind in sterk koeldrank en leë verhoudings, net om weer te besef dat ’n gesprek met een van julle ’n verlore ou se lewe kan red. Ons ontmoet mense, raak vriende, broers en dan bly ons familie. Ons neem deel aan Interskole en wen Interskole. Mini-brags, sing-songs en pawiljoengees is nie uitputtend of net ’n las nie. Dit bevry ons en skep ’n atmosfeer wat jou die moed gee om enigiets te wees. Ons vergeet watter atmosfeer hier is, en dat dit moeilik sal wees om die atmosfeer op ’n ander plek te vind. Ons praat oor “legends” en kweek self ’n paar van ons eie. Manne, die ding is, al staan ek vandag en praat woorde en saamgeknoopte sinne wat vir mnr. Strauss, me. Götze of mnr. Bezuidenhout sal beïndruk, al kan ek stories vertel wat julle sal laat lag of selfs ’n traan laat wegpink, al het ek kennis wat wiskunde of IT-probleme kan oplos, al wen ons elke Interskole, debat en musikale geleentheid, en al is hierdie skool eerste op akademiese ranglyste: Sonder julle, my broers, beteken Boishaai vir my absoluut niks. Ons leef vandag in ’n tydvak van groot verandering: Polities, ekonomies, of selfs Mthunzi se haarstyle. Maar veral die waardes van die omgewing rondom ons. It is thus relevant to give credit to you as parents, as well as to our teachers and to you, Mr Swart, for guiding us, developing us and protecting Boys’ High’s position as a school that sets the standard in a volatile society, thereby creating a safe harbour from where the matrics are now sailing. ’N TYDVAK

VAN GROOT

VERANDERING

But, because of these successes, not clothing ourselves in an air of arrogance has been a challenge, specifically when the public puts ever-increasing pressure on achieving results. They measure success by acomplishments, instead of by core human values. The reality is that the wins and losses that once seemed so important, will fade away. What will matter, is every act of integrity, compassion, courage and sacrifice that enriches someone else’s life or empowers him. As I’ve been walking through this school for the last five years, I’ve realised that this school is more than a few guys wearing this beautiful blazer. And, as this year progressed, we’ve discovered that it is humbling to know that in Boys’ High you never walk alone, because true greatness does not lie in the individual, but in the brotherhood of the blue blazer. Aan die klas van 2017: Ons laat Boishaai in julle bekwame hande en wens julle alles van die beste toe. Mag julle in jul doel slaag met die wete dat, as mense saamwerk, hulle ’n soveel groter mag is om mee rekening te hou. Matrieks, die oomblik het aangebreek. Ek besef dat ons paadjies gaan skei en dat ons mekaar heel moontlik eers weer by ’n reünie of Interskole sal sien. Maar weet dit, manne, as jy vandag hier uitstap, wat jy ook al bereik het, en op watter bord jou naam kom, of nie, dit maak nie saak nie, want daar kom ’n tyd dat rekords en name vervang word. Maar jy vorm deel van die identiteit wat Boishaai is, wat veel groter is. Ek sluit af met ’n frase waarmee ek die jaar begin het: Umntu, ngumntu, ngabantu. Jy is wat jy is as gevolg van die mense rondom jou. En ek het die jaar oorleef te danke aan julle. Baie dankie.

2016 PAARL BOYS’ HIGH SCOOL | 11

Made with FlippingBook Online newsletter creator