BOISHAAIER 2016
Tennis TENNIS
Ons tennis het vanjaar verskeie hoogtepunte beleef. Ons drie spanne in onderskeidelik die o. 19- en o. 15-liga het baie goed gevaar. Ons het aan verskeie toernooie deelgeneem, onder andere die Gerrie Berner-toernooi waar ons eerste span sesde uit twaalf van die topskole in SA geëindig het. Ons o. 15-span, wat saam met Bloemhof aan die Menlo Mixit-toernooi in Sun City gaan deelneem het, eindig in hulle onderskeie afdelings eerste en tweede. Die tennistoer na Bloemhof en Cradock het die spelers baie goeie blootstelling aan kompetisie teen verskeie skole in die land gebied. Tydens ons jaarlikse Interskole teen Paarl Gimnasium is HJS se vier spanne in die o. 15-afdeling én in die o. 19-afdeling onoorwonne. Die eerste span se oorwinning van 9 – 0 span die kroon by hierdie groot geleentheid. Die ander Interskole-uitslae lees soos volg: TENNIS
HJS-tennisspelers kompeteer ook op nasionale en internasionale vlak. Altus Karsten het aan verskeie ITF-toernooie deelgeneem en uitstekende prestasies behaal. Hy eindig onder andere onder die topagt in die enkelspel. Altus het ook aan toernooie in Amerika gaan deelneem, waarvan hy een toernooi gewen het en in die ander toernooi tweede geëindig het. Die volgende seuns is in hulle onderskeie Boland-spanne opgeneem: Wikus Venter, Luan Krige, Du Randt Lategan, Dafydd Kordom en Hanro-Daniël van der Merwe. Luan Krige en Dafydd Kordom verteenwoordig Boland tydens die Aprilvakansie by die Interprovinsiale toernooi. Verskeie seuns het aan SATA-toernooie deelgeneem. Luan Krige het aan die WP Mini 3-toernooi deelgeneem en die toernooi gewen. Hanro-Daniël van der Merwe het aan die WP Meesters-toernooi deelgeneem, waar hy vierde eindig. Ons sien uit na ’n baie belowende 2017-seisoen.
o. 19A klop Gim 9 – 0 o. 19B klop Gim 6 – 0 o. 19C klop Gim 5 – 1 o. 19D klop Gim 6 – 0 o. 15A klop Gim 6 – 0 o. 15B klop Gim 6 – 0 o. 15C klop Gim 6 – 0 o. 15D klop Gim 5 – 1
TENNIS 1STE SPAN Agter:
Wikus Venter, Hanro-Daniël van der Merwe
Voor:
Luan Krige, mnr. N Koch (afrigter), Altus Karsten, mnr. P Guebert (afrigter), JG de Bruin
Afwesig: Theo Louwrens, Hanru Albertyn
2016 PAARL BOYS’ HIGH SCOOL | 117
Made with FlippingBook Online newsletter creator