BOISHAAIER 2016

Golf GOLF

DERDE KWARTAAL HJS speel hierdie kwartaal hul jaarlikse interhuiskompetisie. Daar word in drie afdelings ingeskryf: Afdeling A: Voorgee onder 9. Hulle speel 18 putjies oor twee dae om sodoende die kampioen van die skool te bepaal. Die formaat van hierdie kompetisie is houespel (medal) op ’n 0-voorgee. Die kampioen vanjaar is Ethan Smith. Hy speel 151 houe oor 36 putjies. Afdeling B: Voorgee 10 tot 18. Deelnemers speel slegs een 18-putjie kompetisie. Die formaat van die afdeling is Stableford op ’n 18-voorgee. Die wenner van die afdeling is AJ Snyman met 37 punte. Afdeling C: Voorgee 19 plus. Vanjaar was daar geen inskrywings in hierdie afdeling nie. INTERHUISSTAND Imhoff 19 punte Berlyn 9 punte Bellevue 5 punte Villieria 5 punte Zeederberg 5 punte Monte Bello Geen inskrywings HJS skryf met die aanvang van die winterliga, waarin sewe kompetisies gespeel word as deel van die Bolandskolekompetisie, drie spanne in. Vier van die kompetisies is reeds gedurende die tweede kwartaal afgehandel en van die orige drie speel HJS slegs twee weens een span wat nie opdaag nie. Die formaat was Stableford op ’n 18-voorgee. HJS vs Hugenote Hoërskool: Die teenstanders daag nie op. HJS vs Paarl Gimnasium: (ook die Interskole-kompetisie) Die kompetisie is oor 18 gate en die formaat is houespel (medal) op ’n 0 voorgee. HJS se eerste span wen die kompetisie met 14 houe (HJS 159 Gim 173). Die tweede span wen met 17 punte. (HJS 170 Gim 187). Die derde span wen met 36 houe (HJS 177 Gim 213). HJS vs Parel Vallei: Al drie spanne wen hulle kompetisie teen Parel Vallei.

BUITEPRESTASIES OP DIE GHOLFBAAN Francois Cilliers • In die De Zalze Mans Ope eindig hy gelykop in vierde plek (71 houe elk). • Hy word vir die WP o.19-span gekies. • Hy wen die Prentice Cup te Mowbray o.19 (70 houe). • Hy neem aan die SA Seuns o.17 deel. • Hy eindig vyfde in die Mowbray Junior (74; 76) • In die Kuilsrivier Junior Ope eindig hy derde. • Hy kom elfde by die o.19 Order of Merit vir WP. • Hy word vir Strand se Junior Liga gekies. • Hy speel in die Strand Junior Ope en kom tweede (74). Thomas Esterhuyze • Hy wen Afdeling A by die Boland Junior Ope te Worcester (74 houe). • Hy word vir die Boland Elite-groep gekies. • Hy behaal die tweede plek in die Boland Junior Ope o.17 te Wellington (75 houe). • Hy behaal die derde plek in die Boland Junior Ope A-afdeling te Malmesbury (75 houe). • Hy eindig derde in die Caledon Ope A-afdeling (76 houe).

KENAKO Agter:

Stephen-John Schmidt

Voor:

Marco da Lanca, mnr. J Barnard, Ian du Plessis

2016 PAARL BOYS’ HIGH SCOOL | 99

Made with FlippingBook Online newsletter creator