BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

6 D

aar is verskeie bronne van voedingstowwe vir wingerdstokbemes ting, waarvan anorganiese kunsmis die algemeenste in kommersiële landbou gebruik word. Organiese bronne van plantvoedingstowwe word dikwels verlang deur produsente wat minder aangewese op die gebruik van kunsmis wil wees. In die eerste gedeelte van hierdie hoofstuk word die verskillende tipes misstowwe en organiese materiale be spreek, en nuttige inligting aangaande hul toediening en samestelling verskaf. ANORGANIESE KUNSMIS Anorganiese kunsmis word in vier groepe verdeel, naamlik korrelprodukte, wateroplosbare produkte, vloeibare bemesting en verrykte organiese kunsmis. ’n Lys van die anorganiese produkte wat die algemeenste gebruik word, hoof saaklik korrel, word in Tabel 20 verskaf.

76

Made with FlippingBook Annual report maker