BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

-

© Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige manier, meganies of elektronies, insluitende laserskyf- of bandopnames en fotokopiëring, sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie, behalwe redelike aanhalings vir navorsings- en resensiedoeleindes. Vrywaring: Terwyl redelike sorg getref is om die akkuraatheid van die inligting in hierdie boek te verseker, aanvaar die outeur en uitgewers geen verantwoordelikheid vir nagevolge wat mag voortspruit uit enige fout en/of weglating nie.

1

Villa Academy groei beste-praktyk in gewasbeskerming

te woon sowel as te netwerk met mense van regoor die industrie. Die Villa Academy benader opleiding met ’n mengsel van akademiese opleiding en praktiese ondervinding. Ongeveer 30 lektore se loopbaanondervinding in beide akademia en in die veld word ingespan om ’n welgeronde leerondervinding te skep. Deel van Villa Academy se uniekheid is dat studente van verskillende ondervindingsvlakke gereeld ’n klaskamer deel. Dit mag dalk op eerste oogopslag na ’n groot uitdaging vir enigiemand in die akademiese veld klink, maar die voordeel is dat studente met jare se praktiese ondervinding, maar geen formele tersiêre ondervinding nou blootgestel word aan jong gegradueerdes wat dalk die formele kennis het, maar nie die praktiese ondervinding nie. Sodoende leer almal by mekaar. Klasse wissel in lengte van een tot drie dae en dek ’n wye verskeidenheid van onderwerpe –

Gewasbeskerming, net soos enige ander industrie, floreer op menslike kennis. Maat skappye wat in stemming met hul personeel is verstaan dat hul mense ’n behoefte na sukses het. Opleiding is net so belangrik soos praktiese ondervinding in personeel se strewe na professionele sukses en status. Die Villa Academy verstaan die behoefte om jong mense na die industrie te bring, en dit beteken natuurlik dat hierdie nuwe generasie van verkoopspersoneel iemand nodig het om hulle op te lei. Oor tyd het die industrie as geheel al baie gewik en weeg oor wat die beste manier is om hierdie opleiding te benader, maar ongelukkig het dit meestal net tot praatjies, in plaas van aksie, gelei. Dit is op hierdie punt waar Villa Crop Protection besluit het om leiding te neem. Die Villa Academy is in Februarie 2011 van stapel gestuur en word vanaf twee kampusse in die Wes Kaap en Johannesburg bedryf. Vandag bied die akademie ’n geleentheid aan intreevlak studente sowel as senior kandidate om klasse by

insluitende basiese toksikologie, gewasbeskerming, siektebeheer,

asook die toepassing van sleutelbeginsels van plantbeskerming en plantproduksie dek. Die gewaschemikalië industrie ontwikkel vinnig en is besonder tegnies. Na jare se ervaringsleer en selfopleiding besef ons daagliks dat hierdie dinamiese veld altyd verander en dat daar altyd meer is om te leer. Die realiteit is dat ’n agrochemiese verkoopspersoon nie net die verantwoordelik vir kliëntverhoudings dra nie, maar dat ’n enkele fout tot enorme skade kan lei. Verder beskik meeste kliënte self oor landbougrade, wat beteken dat agente oor die kennis moet beskik wat hulle in staat sal stel om op gelyke voet met hoogs gekwalifiseerde kliënte te kan gesels en waarde toe te voeg. Die gewaschemikalië industrie in SuidAfrika is klein. As ons almal die oorhoofse situasie kan verstaan en waardeer, kan ons almal wenners wees. Die Villa Academy wil verseker dat studente, produsente en tegniese adviseurs in die landboubedryf toegang het tot relevante literatuur en het daarom besluit om die samestelling van hierdie tipes publikasies te ondersteun.

plantgroeireguleerders, onkruidbeheer, insekbeheer, hantering van klagtes, biotegnologie, byvoegmiddels en vele meer. Die kurrikulum bestaan grootliks uit probleem georiënteerde opleiding waar studente in groepe werk om werklike probleme aan te pak en op te los. Die dosent dien as fasiliteerder om selfbestuur en ’n aktiewe benadering aan te moedig, eerder as ’n passiewe opleiersentriese model. Klasse is intensief en hoë standaarde word vereis. In die ‘Inleiding tot Gewasbeskerming’ klas byvoorbeeld, word daar verwag dat studente na slegs ure reeds ’n begrip vir sleutelkonsepte kan toon, soos die geskiedenis van die industrie, historiese en toekomstige tendense, mark segmentering, die rol van Chinese en Indiese produkverskaffers, klassifikasie van verskaffers en produkte, lewenssiklus van produkte en postpatent tegnologie, sade en GM tegnologie. Behalwe vir die klasse, sluit assesseringskriteria geskrewe toetse en ’n finale projek in, waar studente ’n produksieplan vir ’n gewas in hul area moet navors en voorlê wat betekenis, evaluering van klimaat en grondgeskiktheid

Villa Academy – Groei jou kennis, oes sukses!

www.villaacademy.co.za

SAAMGESTEL VIR WINETECH DEUR BRAHAM OBERHOLZER (VINPRO) MAART 2016

4

Inhoud

1 2 3

Inleiding

6

8

Grond- en blaarmonsters. Pieter Raath

Interpretasie van grondontledings. Pieter Raath

14

• Verskillende ontledingsmetodes

4

Chemiese regstelling tydens grondvoorbereiding.

27

Braham Oberholzer • Kalk en gips

5

Onderhoudsbemesting van makro- en mikro-elemente.

35

Dawid Saayman • Rol • Funksies • Vasstel van bemestingsprogram • Tye van bemesting

6

Tipes bemesting en praktyke van toediening. Bennie Diedericks

75

• Anorganies – korrel/wateroplosbaar/vloeibaar • Organies – mis/kompos/kelder-afval

• Dekgewasse • Blaarvoeding • Biostimulante

7

Verwantskap tussen bemesting/die voedingstofstatus van ’n wingerd en druifsamestelling/wynkwaliteit/ wyn-sensoriese eienskappe. Francois Viljoen

87

8

Bemesting van onderstokmoederblokke en kwekerygronde. Dawid Saayman

94

5

Inleiding

’n Bemestingsriglyn-handleiding vir wingerd het in 1994 die lig gesien (Conradie, 1994). Dié handleiding bied ’n stewige basis vir die bedryf maar na 20 jaar is dit so dat nuwe inligting oor bemesting van wingerd hetsy nasionaal of internasionaal beskikbaar raak. Die behoefte het gevolglik ontstaan dat die wingerdbemestingshandleiding van 1994 hersien moet word sodat nuwe navorsingsresultate wat verskyn het of sienings wat verander het binne die handleiding geïnkorporeer kan word. Uiteenlopende aanbevelings in die wynbedryf, veral tussen verskeie adviserende maatskappye, wat gebaseer is op verskillende ontledingsmetodes, norms en beginsels, het ontstaan wat Winetech genoop het om hierdie hersiening te regverdig. Daar word met hierdie hersiening gepoog om geloofwaardige besluitnemingsgereedskap daar te stel vir die produsente en adviseurs wat in belang van die produsent sal wees en wat gebaseer is op veral bevindinge van bemestingsproewe. Heelwat vrae bestaan rondom die bemesting van wyndruiwe en veral die spesifieke voedingselement-behoeftes wat tans nie deur die 1994 Wingerdbemestingshandleiding beantwoord word nie. Dis belangrik dat alle adviseurs t.o.v. wingerdvoeding in die SA wynbedryf op grond van dieselfde wetenskaplike aannames/ feite bemestingsaanbevelings sal maak aan produsente. Dit is ook belangrik dat almal weer op hoogte kom van die nuutste navorsingsinligting (plaaslik en oorsee) asook praktiese kennis en ervaring. Die dokument kan ook as opleidingsmateriaal (module vir wingerdvoeding) vir alle studente in grondkunde en wingerdkunde dien.

6

1

7

Grond- en blaarmonsters

2

8

GRONDMONSTERNEMING

Die doel van grondmonsterneming en grondanalise is: • om grond te karakteriseer ten einde praktyke vir kunsmis- en kalktoediening aan te beveel • om die waarskynlikheid van ’n winsgewende reaksie op kunsmistoediening te voorspel • om grondvrugbaarheid te evalueer • om te bepaal watter spesifieke grondtoestande verbeter kan word deur die toediening van grondaanpassings, en • om wanbalanse in voedingstofkonsentrasies te bespeur en reg te stel. Die belangrikste voordeel van grondanalise is waarskynlik die vermoë om veranderings in grondvrugbaarheid te monitor ten einde korrektiewe aksie toe te pas voor voedingstres voorkom. Grondanalise is noodsaaklik voor grondvoorbereiding om te verseker dat fisiese en chemiese defekte reggestel kan word tydens voorbereiding. Gereelde analise word benodig in bestaande wingerde om te verseker dat optimale groeitoestande gehandhaaf word. MONSTERNEMING VIR GRONDVOORBEREIDING: Profielgate word benodig om die fisiese/morfologiese karaktereienskappe te evalueer en om die grense van bestuurseenhede te bepaal. Vir kleiner kom mersiële areas, behoort monsterneming op ’n roosterpatroon van minstens 50 m X 50 m te geskied. Indien die aanvanklike grondevaluering laat blyk dat groot grondverskille tussen punte voorkom, moet meer gate gegrawe word om te bepaal waar die grondoorgange is. Voor monsterneming begin, moet die perseel in verskillende verbouingseenhede verdeel word. Hierdie eenhede is areas wat soortgelyke bestuur sal vereis, gebaseer op grondvorm, diepte en die voorkoms van growwe brokstukke. Aparte monsters word versamel van elkeen van hierdie verbouings-/bestuurseenhede en monsters van die verskil lende profielmonsternemingspunte binne dieselfde eenheid mag gemeng word ten einde verteenwoordigende monsters vir die bepaalde bestuurseenheid te verkry. Die diepte/dikte van die verskillende horisonte/lae, asook die beraamde growwe fraksie moet aangeteken word. Vir grondvoorbereiding vir wingerde is dit wenslik om monsters apart te versamel vanuit die bo- en ondergrond. Dit is dikwels ook wenslik om onderliggende kleimateriaal apart te monster, aangesien soute opwaarts kan beweeg na die oorliggende grondlae tydens droë periodes. Die diepte van monsterneming moet aangedui word. ’n Monster van 1 kg is voldoende.

2

9

BESTAANDE WINGERDE: Na voorbereiding, word monsters geneem per bestuurseenheid. Om te verse ker dat die monsters verteenwoordigend van die eenheid is, word dit weer eens saamgestel uit sub-monsters wat uit verskillende plekke in die eenheid geneem is. As die grond opgeërd is, moet die monsters slegs van die operdwal geneem word. Die eerste monsterneming behoort kort na voorbereiding gedoen te word om te bepaal of optimale toestande tydens die voorbereiding geskep is. Vir onderhoudsbemestingdoeleindes moet grondmonsters ten minste elke drie jaar geneem word, behalwe in gevalle van baie sanderige of klipperige gronde waar loging ernstige afmetings kan aanneem. Monsters moet in sulke gevalle elke twee jaar geneem word. Hierdie monsters word in die wingerdry geneem. Aangesien grondsamestelling drasties kan wissel op kort afstande, kan langtermynneigings die effektiefste bepaal word as monsters op min of meer dieselfde plekke geneem word. Wingerdstokke moet vir hierdie doeleindes gemerk word om te verseker dat monsters op min of meer diesefde plek ge neem word. Op swak kolle in die wingerd moet aparte monsters geneem word. Aangesien die verbouingsaksie dikwels die oorgang tussen grondlae versteur, kan monsters op vasgestelde dieptes geneem word. Monsters moet altyd op dieselfde dieptes geneem word om ’n geskiedenis van resultate daar te stel, wat gekorreleer kan word met bemestingstoediening. Indien die persoon wat die aanbevelings doen nie rekords van vorige analises het nie, moet monster neming op meer as een laag geskied. Ten einde die effek van veral kalk- en fosfaatbemesting wat nie volkome gereageer het nie te bepaal, is dit verkieslik dat monsters op dieptes van 0-150 mm en 150-450/500 mm geneem word. In ag genome dat min wortels dieper as dit aangetref word, is dieper monsters onnodig. As die grond vlakker is as 450-500 mm, moet monsterneming beperk word tot bokant die beperkende laag. As onderliggende klei ingesluit is by die monster, kan dit die resultate in so ’n mate beïnvloed dat dit heeltemal nutte loos is. ’n Monster van 1 kg is voldoende. KLIPPERIGE GROND: Indien die grond baie klipperig is en die klippe so groot is dat daar nie mon sters van geneem kan word nie, moet ’n skatting van die voorkoms van klippe gemaak word, d.w.s. die volume wat deur klippe in beslag geneem word moet aangedui word. Hierdie inligting kan ’n beduidende effek hê op die kuns misaanbeveling en moet die grondmonsters na die laboratorium vergesel. ’n Klipregstelling word gebruik in die bepaling van gips-, kalk-, kalium- en fosfaatbemestingsbehoefte.

2

10

HANTERING VAN DIE MONSTERS: Plaas die saamgestelde monster in ’n skoon plastieksak. Etiketteer die sak met naam en die monsteridentiteit. As verskeie saamgestelde monsters geneem is, etiketteer elkeen verskillend en hou ’n rekord van die areas waar elke monster geneem is. Slegs een vorm moet ingevul word vir elke groep monsters. Hoe meer volledig die inligting is wat verskaf word, hoe beter sal die aanbeveling wees wat verskaf word. BLAARMONSTERNEMING Die doel van blaaranalise is om die mineraalinhoud van die plant met sy fisiese voorkoms, groeitempo en opbrengs of oeskwaliteit te korrelleer. Die interpretasie van resultate berus op die veronderstelling dat ’n belangrike biologiese verhou ding tussen die elementinhoud van die wingerdstok en die groei en/of produksie daarvan bestaan. Hierdie tegniek vereis monsterneming op ’n spesifieke fenolo giese stadium (tyd van monsterneming) volgens ’n spesifieke protokol. Blaaranalises kan by wyndruiwe as ’n diagnostiese hulpmiddel dien, maar het die tekortkoming dat dit in die praktyk grootliks deur faktore soos bo- en onderstokkultivar, verbouingspraktyke, verbouingsgebied, seisoenale klimaat, siektes en grondtipe beïnvloed word. ’n Algemene norm wat vir alle toestande voorsiening moet maak, is dus noodwendig baie wyd. Blaaranalise kan dus nie as enigste norm vir die daarstelling van ’n bemestingsprogram gebruik word nie, maar moet as ’n aanvulling by grondanalises gesien word. Blaaranalise kan egter nuttig wees in gevallestudies. In sodanige gevalle word blare op ’n spesifieke wyse vanaf die “siek” stokke gemonster, asook ’n soort gelyke monster van naburige, nie-geaffekteerde stokke. Die gesonde/beter stokke se blare dien dan as direkte kontrole en die tyd van monsterneming en al die ander veranderlikes is dan minder kritiek of nie ter sake nie. Geen norm word gebruik nie, maar wel die relatiewe verskille tussen die twee monsters. Die doel van blaaranalise kan dus as volg opgesom word: • Om as hulpmiddel te dien in die evaluering van grond se vermoë om voe dingselemente te verskaf • Om die effek van behandelings op die voedingstatus van die wingerdstok te evalueer • Om die verhouding tussen die grondvoedingstofstatus en die plantreaksie te evalueer as ’n hulpmiddel vir bemestingsbehoeftebepaling • Om vermoedelike gebrekke aan voedingselemente te diagnoseer.

2

11

2

TYD VAN MONSTERNEMING: Blaarmonsters moet jaarliks tydens dieselfde fisiologiese groeistadium inge samel word. In dié verband kan blomtyd, vrugset of deurslaan gebruik word. Blaarsamestelling verander gedurende blomtyd baie vinnig, sodat dit soms moeilik is om dié syfers te interpreteer. Aan die ander kant is die ouer blare teen deurslaan dikwels al baie gehawend en is dit moeilik om ’n verteenwoor digende monster in te samel, maar vir sommige elemente soos byvoorbeeld kalium (K) bly deurslaan ’n goeie tyd vir monsterneming. Die mees praktiese kompromie, wat vir die meeste elemente redelik bevredigend is, is om mon sters tydens die vrugsetperiode in te samel. Onder vrugset word verstaan die periode wat strek vanaf einde blom totdat die ertjiekorrelstadium bereik word (korrels se deursnee ongeveer 5 mm). Hierdie periode duur minstens 3 weke en vir die meeste kultivars in die Wes-Kaap sal die laaste week in November normaalweg hierbinne val. BLAARSKYF OF BLAARSTEEL? Vir wingerde, waarvan die voedingstatus verskil, toon die blaarsteel normaal weg groter verskille as die blaarskyf. Aan die ander kant varieer die same stelling van die blaarsteel ook meer in dieselfde wingerd as wat die geval vir die blaarskyf is. Verder word die boorstatus beter deur die blaarskyf as die blaarsteel gereflekteer. As vertrekpunt word dus aanbeveel dat die blaarsteel teen vrugset vir ontleding gemonster word. In sommige gevalle sal dit egter nodig wees om ook die blaarskyf te ontleed. Norme vir die elementinhoude van blaarskywe en blaarstele, word in Hoofstuk 5 aangegee.

12

2

FIGUUR 1: Blaarmonsterneming

PROTOKOL VIR MONSTERNEMING: Die manier waarop monsterneming van wingerdstokke geskied het ’n groot invloed op die resultate wat verkry word. Soos in Figuur 1 aangedui, word blare oorkant die tros, of indien verwyder, die blaar op ’n draerloot tussen oë 3 en 5 gemonster. Dertig blaarskywe of blaarstele, onmiddellik geskei na mon sterneming, is voldoende. Enige een kan geanaliseer word, maar soos reeds bespreek, word blaarsteel-analise normaalweg as meer akkuraat beskou. Monstering moet by vrugset of deurslaan plaasvind. Die fenologiese stadium (bv. vrugset of deurslaan) van monsterneming moet aangedui word. Blare moet nie gemonster word gedurende die warmste gedeelte van die dag nie aangesien dit ’n invloed kan hê op blaarsamestelling. Dit is verkieslik om monsters in die oggend te neem. Monsters word in ’n skoon plastiek- of papiersak geplaas en moet koel gehou word tot die aflewering daarvan by die laboratorium. Die monsters moet onder geen omstandighede gevries word nie.

13

3 Interpretasie van grondanaliseverslae vir wingerde

14

INLEIDING Grondmonsterneming vir analise word gereeld gedoen deur wingerdboukundiges en wyndruifprodusente. Interpretasie van die chemiese resultate word dik wels gekompliseer deur die verskeidenheid ekstrak siemetodes en maniere waarop resultate uitgedruk word. In hierdie hoofstuk word die erkende analitiese metodes en maniere waarop analitiese metodes uit gedruk word bespreek, sowel as die interpretasie daar van. Ander tipiese analisemetodes en maniere waarop analitiese metodes uitgedruk word, word ook bespreek en vergelyk met die aanvaarde Suid-Afrikaanse norme. Grondanaliseverslae in Suid-Afrika bevat tipies die volgende inligting en analitiese resultate. TEKSTUUR Grondtekstuur dikteer die watervashouvermoë van ’n grond en die mate waarin katione aan die grond (negatief-gelaaide kleideeltjies) gebind is. Die tempo waarteen voedingstowwe geloog word uit die wortel sone word dus grootliks voorgeskryf deur die grond tekstuur. Verder word kalium- (K) en fosfor(P)-norme in besonder beïnvloed deur grondtekstuur, wat dit noodsaaklik maak om onderskeid te tref tussen sand-, leem- en kleiagtige gronde. Nie alle laboratoriums vermeld grondtekstuur by verstek nie – in welke geval die tekstuur bepaal word deur die “vingermetode” en die grond as sanderig, leemagtig of kleiagtig geklassifiseer word. Die meeste laboratoriums sal slegs melding maak van tekstuur wanneer hulle spesifiek versoek word om dit te doen, na afloop waarvan ’n volledige tekstuuranalise uitge voer word en die presiese persentasies sand, slik en klei dan gespesifiseer word.

3

15

GROND-pH Die pH van grond word bepaal in kaliumchloried (KCI) of water (H 2 O). Die meeste laboratoriums in die Wes-Kaap gebruik die KCI-metode, terwyl water-pH meestal vermeld word in Europese en Amerikaanse laboratoriums. Hoewel die verskil nie altyd konstant is nie, is grond-KCI-pH rofweg een pH-eenheid laer as water-pH. Die rede hiervoor is dat die K + -ione in die oplos sing die H + op die kleiroosters verplaas (die uitruilbare H + ), wat dan saam met die aktiewe H + -ione in die grondoplossing gemeet word. ’n Oplossing met ’n pH KCl onder 5.5 (water-pH < 6.5) word beskou as sub optimaal vir wingerdstokke. Hoe laer die pH is, hoe suurder is die grond, d.w.s. daar is ’n hoër konsentrasie aktiewe waterstofione (H + ). Hoe suurder die grond is, hoe hoër is die oplosbaarheid van aluminium (Al 3+ ); totdat dit ’n toksiese konsentrasie bereik wat wortelgroei negatief affekteer. Wingerdstokke onderpresteer in suur gronde weens gebrekkige wortelfunksionering, wat lei tot verlaagde water- en voedingstofopname asook moontlike patogeen- en nematode-infeksie. Kalk behoort daarom toegedien te word om ’n regstelling te maak. Verskeie metodes vir die bepaling van kalkbehoefte is al ontwikkel. Die Eksteen-metode het bewys dat dit betroubaar is vir Suid-Afrikaanse grondtoestande en wingerd (Eksteen, 1969). Berekening van die kalkbehoefte word volledig in Hoofstuk 4 bespreek. Die optimale grond-pH (pH KCl ) vir wingerdstokke wissel van 5.5 tot 6.5. Benede hierdie speling word wortelgroei toenemend belemmer en beide P en molibdeen (Mo) word geleidelik minder beskikbaar vir opname. Suur gronde is dikwels ook hoogs geloog en geledig van voedingstowwe, byvoorbeeld stikstof (N), kalium (K), calcium (Ca) en magnesium (Mg). Bokant hierdie pH-vlakke word beide P en die ander mikrovoedingstowwe (behalwe Mo) ook minder beskikbaar vir plant-opname, soos aangetoon in Figuur 2. Dit is as gevolg van immobilisering, wanneer P met Ca en mikro-elemente met hidroksiedes en karbonate, reageer. Ten einde voedingstoftekorte in gronde met hoë pH’s te voorkom, word gereelde P-bemesting en jaarlikse blaartoedienings van mikrovoedingstowwe benodig.

3

16

STIKSTOF FOSFOR KALIUM

SWAWEL KALSIUM MAGNESIUM

YSTER MANGAAN BOOR KOPER EN SINK

3

MOLIBDEEN

3.0 3.5 4.0 4.5 5.0 5.5 6.0

6.5 7.0 7.5 8.0 8.5 9.0

Optimal pH KCL Opimale pH kcl

FIGUUR 2. Impak van grond-pH op die beskikbaarheid van voedingstowwe.

17

PLANTBESKIKBARE VOEDINGSELEMENTE In Suid-Afrika word plantbeskikbare voedingselemente normaalweg geëkstra heer met behulp van een van twee ekstraheermiddels, meestal ammo niumasetaat (NH 4 Ac), of sekere laboratoriums gebruik Mehlich III. Alhoewel laboratoriums dikwels in hulle verslae sal verwys na “uitruilbare” voedingsele mente, dui hulle syfers normaalweg op “plantbeskikbare” of “ekstraheerbare” voedingselemente – wat “oplosbare”, sowel as “uitruilbare” voedingselemente, insluit. In praktiese terme beteken dit dat die voedingselemente wat met water uitgeloog sou kon word (oplosbaar), bepaal word saam met dié wat op die kleikompleks vasgehou word (uitruilbaar). Soos hieronder aangedui, is dit veral belangrik om bogenoemde by brakgronde in gedagte te hou. WEERSTAND ’n Versadigde pasta-ekstrak van die grond word voorberei met gedistilleerde water en die weerstand daarvan, om die vloei van ’n elektriese stroom deur te laat, word gemeet. Die eenheid waarin weerstand uitgedruk word is “ohm”, en dit is die resiprook vir elektriese konduktiwiteit (mS/m). Soute, bv. kalium, natrium en chloried, gelei elektrisiteit en verlaag dus die weerstand van die grondoplossing. Hoe laer die weerstandmeting is, hoe groter die hoeveelhede sout in die grond, d.w.s. hoe meer brak is die grond. ’n Weerstand onder 300 ohm is ’n aanduiding van ’n oormatige hoeveelheid soute in die grond – tot die vlak waar die werkverrigting van die wingerd negatief geaffekteer word. As die weerstand 200 ohm en minder is, word die grond as soutbrak geklassifiseer. Hoe laer die weerstand hoe groter die negatiewe impak op die wingerd. Verskillende soutfraksies word in gronde aangetref. Beide die oplosbare na triumpersentasie, sowel as die uitruilbare natriumpersentasie (UNP), d.w.s. die persentasie wat Na van die totale hoeveelheid uitruilbare katione (S-waarde)

3

18

uitmaak, en die spesifieke weerstand dien as kriteria vir die klassifisering van die tipe grondbrakheid. As die geleiding van ’n versadigde grondekstrak meer as 400 mS m -1 is en die UNP minder as 15%, word die grond as soutbrak geklassifiseer. Grond met ’n UNP > 15% wat vry gips of kalk bevat, word geklassifieer as grond met “sout-natriumbrakheid”. In beide gevalle kan die sout eenvoudig uitgewas word met die gebruik van goeie kwaliteit besproei ingswater – met die vereiste dat vry gips teenwoordig is, anders sal die grond kolloides dispergeer en die grond ondeurdringbaar vir water word. Waar gips nie teenwoordig in die grond is nie moet die logingswater met gips versadig word voor dit in kontak kom met die grond. In grondanaliseverslae word fosfor (P) gewoonlik in mg/kg aangedui. Die op timale plantbeskikbare konsentrasie hang af van die grondtekstuur en grond pH. Dit is daarom belangrik dat laboratoriums ook die grondtekstuur vermeld. Afhangend van die ekstraksiemetode wat gebruik word, verskil die norme vir optimale P-konsentrasie ook aangesien die ekstraheermiddels verskil in pH en aggressiwiteit waardeur die P geëkstraheer word. ’n Vergelykbare lys van norme word verskaf in Tabel 1, wat die toepaslike waardes vir die algemeenste ekstraheermiddels aandui. Vanweë die feit dat P wat met Bray I, Bray II en Mehlich III geëkstraheer word verminder namate die grond-pH toeneem, moet onderskeid getref word tussen die norme wat gebruik word vir gronde van verskillende pH’s. Verder word die P wat benodig word om die konsentrasie tot ’n minimum vereiste vlak te lig, nie noodwendig weerspieël wanneer die grond geëkstraheer word by ’n hoë pH nie. Vir grond met ’n pH-bestuurspro gram wat as optimaal vir wingerdproduksie beskou word (bv. pH KCl 5.5 tot 6.0), lewer Bray II- en Mehlich III-ekstraksie soortgelyke waardes en weerspieël die mees akkurate beskikbare P-konsentrasie in die grond. Bray I-ekstraksies is deurgaans laer en vir wingerdgronde is die akkuraatheid t.o.v. P-beskikbaar heid nog nie bevestig nie. FOSFOR (P)

3

19

TABEL 1. Minimum grond-fosforkonsentrasies benodig vir wingerdstokke verbou in gronde met verskillende pH’s, soos toepaslik vir verskillende ekstraheermiddels # .

Ekstraheermiddel Olsen Sitroensuur Mehlich III Bray I Bray II mg/kg

Grondtekstuurklas Grond- pH KCl

Sand Leem

– – –

25 30 35 25 30 35 25 30 35 25 30 35

25 30 35 20 25 30 20 25 30 18 21 25

20 25 30 15 20 25 10 12 15 10 12 15

20 25 30 20 25 30 20 25 30 15 18 21

<5.0

Klei

Sand Leem

12 14 16 10 12 15 10 12 15

5.0-6.0

3

Klei

Sand Leem

6.0-7.0

Klei

Sand Leem

>7.0

Klei

Sand (0-6% klei) / Leem (6-15% klei) / Klei (>15% klei) # Data rakende die relatiewe ekstraheerbaarheid van P met verskillende ekstraheermiddels is verskaf deur C.P. De L. Beyers, Nitrophoska. Bray I: 0.025M HCl + 0.3M NH 4 F Bray II: 0.1M HCl + 0.3M NH 4 F Mehlich III: 0.2M asynsuur (CH 3 COOH) + 0.25M NH 4 NO 3 + 0.015M NH 4 F + 0.13M HNO 3 + 0.001M EDTA Olsen: 0.5M NaHCO 3 Sitroensuur: 0.05M sitroensuur (C 6 H 8 O 7 ) Meestal word ’n vereenvoudigde benadering gevolg deur laboratoriums wat die wynbedryf dien, naamlik wanneer die grond-pH KCl < 7.0 is, word ’n sitroensuur-, Bray I-, Bray II- of Mehlich III-ekstraksie uitgevoer en soortgelyke norme word gebruik (Tabel 1). Vir grond met ’n pH KCl ≥ 7.0, word ’n Olsen-ekstraksie dikwels gedoen, en die norme in Tabel 1 word gebruik. Die logika is dat ’n Olsen- ekstraksie minder aggressief is en ’n hoër pH het, wat die teoreties laer tempo van P-vrystelling in die wortelsone teen hoër grond-pH-toestande weerspieël. Olsen het egter al bewys dat dit by hoë P-konsentrasies in die grond tot so min as 5-7% van die sitroensuur-ekstraheerbare P ekstraheer. In werklikheid beteken dit dat die totale P in die grond oormatig hoog kan word (bv. indien geëkstraheer met Bray I of Bray II), terwyl die Olsen-P onder die norm bly.

20

Hoewel gronde met ’n hoë pH tradisioneel geëkstraheer word met behulp van die Olsen-ekstraheermiddel, het die pH van talle wingerdgronde tans tot pH KCl < 7.0 gedaal, wat beteken dat P van die labiele poel toeneem in beskik baarheid. As ’n Bray I- of Bray II-ekstraksie nou gedoen word, word oormatig hoë P-konsentrasies dikwels verkry. Dit word daarom aanbeveel dat Bray I-ekstraksies gedoen word op gronde met pH KCl > 7.0, en die Bray I-norme in Tabel 1 gebruik word om P-behoeftes te bereken. As analise gedoen word met behulp van een van die ander ekstraheermiddels, kan die norme verskaf met redelike betroubaarheid gebruik word, maar die gebruik van Olsen-ekstraksies moet vermy word. Afhangend van die klei-inhoud van die grond, moet die P-inhoud vermeerder word tot die spesifieke norm. Vir grondvoorbereiding word die gemiddelde P-inhoud bepaal tot 600 mm gronddiepte. Om die P-inhoud met 1 mg/kg vir 300 mm-diepte te verhoog, behoort 4.5 kg P toegedien te word, dus 9 kg per ha vir 600 mm-diepte. Op hoë pH-gronde (pH KCl > 7) kan dit ’n opsie wees om die aanbevole syfer afwaarts aan te pas en die jaarlikse onderhoudsbemes ting-volumes te verhoog. Vir produksie-wingerde word die P-inhoud bereken tot ’n gronddiepte van slegs 300 mm, bv. 4.5 kg P per ha moet toegedien word vir elke 1 mg/kg waarmee die konsentrasie verhoog moet word. In die geval van hoë pH-gronde, waar P maklik behou word, moet die jaarlikse bemestingsvereiste oor drie paaiemente bereken en versprei word regdeur die seisoen. Tydens die oes word 0,7 kg P verwyder vir elke ton druiwe geprodu seer en onderhoudsbemesting moet dus ooreenkomstig bereken word, behal we waar grondanalises aandui dat die P-inhoud optimaal of bokant die norm is. Dit is belangrik om nie oormatige hoeveelhede P toe te dien nie, aangesien dit kan lei tot beperkte fosforopname. Fosfaatinhoud van meer as 50 mg/kg in sanderige gronde, 60 mg/kg in leemerige gronde en 70 mg/kg in kleierige gronde, kan problematies wees vir enige pH-bestuursprogram. Die klip- en gruisvolume moet dus altyd gebruik word in die berekening van die P-behoefte, om oorbemesting van P te voorkom.

3

KALIUM (K)

Wat wingerdstok-kaliumvoeding betref, speel grondtekstuur ook ’n belangrike rol in die interpretasie van grondanalises. Eerstens word K baie vinnig uit sanderige grond geloog, en tweedens kan kleiminerale ’n belangrike rol in K-binding speel. Dit word nie aanbeveel dat K tydens grondvoorbereiding op sanderige gronde toegedien word nie – uitloging kan maklik plaasvind op

21

sulke gronde. ’n Breë norm wat vir K-voeding op sanderige gronde daargestel kan word, is dat jaarlikse onderhoudsbemesting van 3 kg K per produksieton toegedien word. Soos reeds vermeld, word plantbeskikbare K in RSA meestal met behulp van ammoniumasetaat (NH 4 Ac) geëkstraheer, maar sekere laboratoriums gebruik ook Mehlich III. Soortgelyke resultate word tussen die twee ekstraheermiddels verkry vir grond met pH KCl < 6.0, waar Mehlich III-waardes ongeveer 0.9 x NH 4 Ac is (Nathan, 2005). Vir gronde met ’n hoër pH (bv. pH KCl > 6.0) ekstraheer Mehlich III minder K as NH 4 Ac (Sawyer, ongedateer). Op swaarder gronde (leem- en kleierige gronde) kan die algemene norme vervat in Tabel 2 as riglyne dien vir maksimum K-waardes (Conradie, 1994). Hierdie norme word gekoppel aan die verskille in klei-mineralogiese tipes wat in die verskeie streke voorkom, en is min of meer verteenwoordigend van K-inhoude wat 4% van die totale uitruilbare katione uitmaak.

3

TABEL 2. Maksimum en oormatige norme vir kaliumkonsentrasie in grond, soos bepaal deur die gebruik van ammoniumasetaat, vir die versekering van optimale wingerdstok werkverrigting sonder negatiewe impak op wynkwaliteit (Conradie, 1994).

Olifants- rivier

Streek

Kus Breë- rivier

Karoo Oranje- rivier

Maksimum norm

70

80

100

100

120

mg/kg

Oormatige konsentrasie

105

120

150

150

180

Aanpassing van K-konsentrasie tydens grondvoorbereiding word slegs benodig in buitengewone omstandighede. Waar tekorte wel ontstaan of verwag word in swaar gronde, word die gemiddelde K-behoefte bepaal tot ’n gronddiepte van 600 mm. Vir grond met ’n K-konsentrasie onder die norme hierbo genoem, moet K-bemesting toegedien word. In die geval van produksiewingerde word die K-inhoud slegs bepaal tot ’n gronddiepte van 300 mm. Die behoefte per hektaar is 4.5 kg K om die K-inhoud van die grond met 1 mg/kg oor 300 mm diepte te verhoog. Tydens grondvoorbereiding (tot ’n gronddiepte van 600 mm), moet 9 kg K per ha dus toegedien word vir elke 1 mg/kg-toename wat in die grond benodig word. Aangesien oormatige K-inhoud van die grond probleme kan veroorsaak ten opsigte van kleur en pH in wyn, moet oorbemesting vermy word.

22

KALSIUM (Ca) EN MAGNESIUM (Mg) Kalsium (Ca) en magnesium (Mg) is albei noodsaaklike voedingstowwe, wat benodig word vir optimale wingerdstokwerkverrigting. Oor die algemeen is hulle so oorvloedig in gronde binne die optimale pH-vlakke dat bemesting met hierdie voedingstowwe nie nodig is nie. Deur behoorlike kalktoedienings, om die grond-pH en R-waarde tot 10 te verhoog, word genoegsame Ca en Mg aan die grond toegedien om te voldoen aan die voedingsbehoeftes van die wingerdstok (Eksteen, 1969). Nietemin kan sommige sanderige gronde met ’n oormatige klipvolume moontlik ’n gebrek aan Ca en Mg hê, ofskoon die grond-pH optimaal is. Eweneens, wanneer die verkeerde kalk (bv. kalsitiese kalk) gebruik word in grond wat Mg-gebrekkig is, kan Mg-toedienings moontlik benodig word. Plantbeskikbare Ca en Mg kan ook geëkstraheer word met behulp van NH 4 Ac of Mehlich III. Soortgelyke resultate word verkry tussen die twee ekstraheer middels vir grond met pH KCl < 6.0 (Nathan, 2005). Die volgende algemene norme kan gebruik word as riglyne vir minimum Ca- en Mg-konsentrasies. Die Ca:Mg-verhouding moet verkieslik ook nie ’n waarde van 6 oorskry nie. TABEL 3. Minimum norme vir kalsium- en magnesium-konsentrasie in grond, soos bepaal met gebruik van ammoniumasetaat, vir die versekering van optimale wingerd stokwerkverrigting.

3

Sanderige grond

Kleierige grond

Voedingstof

mg/kg

cmol(+)/kg

mg/kg

cmol(+)/kg

Kalsium

360

1.80 0.30

500 120

2.50 1.00

Magnesium

40

23

MIKRO-ELEMENTE (B, Mn, Zn, Cu)

Grondanaliseverslae vir wingerde dui gewoonlik sink (Zn)-, mangaan (Mn), boor (B)- en koper (Cu)-inhoud in mg/kg aan. Sink, Mn en Cu word geëkstra heer deur middel van EDTA, HCl of DTPA terwyl B geëkstraheer word met warm water. Namate grond-pH verhoog, verminder die ekstraksie-doeltref fendheid van HCI dramaties, wat dit ongeskik maak vir gebruik op gronde met ’n pH KCl > 5.0, en selfs dan ekstraheer dit nie Mn genoegsaam nie (Tabel 4). Ekstraksievlakke met DTPA blyk soortgelyk aan EDTA te wees.

TABEL 4. Vergelyking van EDTA en HCI as ekstraheermiddels vir mikrovoedingstowwe in gronde met verskillende pH-waardes (Lambrechts, ongepubliseerd).

3

Cu (mg/kg)

Zn (mg/kg)

Mn (mg/kg)

Grond-pH KCl

EDTA HCl

EDTA HCl

EDTA HCl

5.0 6.0 7.0

0.36 0.28 0.21

0.45 0.17 0.07

0.64 0.51 0.41

0.80 0.23 0.07

67 34 17

17

5

1.4

Mikro-elemente word in klein hoeveelhede deur die wingerdstok benodig en die beskikbaarheid daarvan is direk afhanklik van die pH van die grondoplossing. Waar die pH hoog is, is mangaan (Mn) en sink (Zn) ontoeganklik vir die plant aangesien hierdie elemente nie in die oplossing bly nie. Soms kan hierdie elemente dus teenwoordig wees in die grond, maar nie toeganklik wees vir die plant nie. Gevolglik is grondanalise nie ’n betroubare middel om die beskikbaar heid van mikro-elemente te bepaal nie. Om vas te stel of die metale oormatig of onvoldoende is, moet blaaranalises gedoen word. In gronde met lae pH, kan boor- (B) en Zn-tekorte verwag word. Daarenteen, kan Mn in lae pH-grond so oplosbaar wees dat dit toksies vir die wingerdstok raak. Kalktoedienings sal hierdie probleme oplos deur B en Zn meer plantbeskikbaar en Mn minder oplosbaar te maak (Van Schoor, 2001). In Tabel 5 word die norme vir optimale mikrovoedingstofkonsentrasies in grond verskaf. In gevalle waar die konsentrasies voedingstowwe in die grond onder die norme is, kan tekorte voorkom. In sulke gevalle moet die wingerd visueel gemonitor word vir simptome van tekorte. As daar steeds enige twyfel bestaan, moet blaaranalises gedoen word. In die verlede het Cu-tekorte baie selde in wingerde voorgekom weens die gebruik van swamdoders wat Cu bevat.

24

Met die dalende gebruik van hierdie produkte, moet aandag ook aan hierdie mikrovoedingstof gegee word.

TABEL 5. Minimum mikrovoedingstofkonsentrasies in gronde met pH KCl -waardes van 5.0 tot 6.5. B Mn Zn Cu 0.3 2.0 0.5 0.5 As tekorte aan mikrovoedingstowwe wel voorkom is dit maklik om die blare te spuit. Tabel 6 kan as riglyn gebruik word om te bepaal of die status van die mikro-elemente op standaard is. TABEL 6: Mikro-elementkonsentrasies in blaarstele, gemonster teen vrugset, vir assessering van die voedingstofstatus wingerde. Mikro-elemente Tekorte Voldoende Hoog tot oormaat Fe *NB 30-180 *NB Cu <3 5-10 25-50 Zn <15 26-150 *NB Mn <20 30-60 >300 B <25 30-70 >100 Mo *NB 0.2-0.4 *NB *NB – nie beskikbaar.

3

25

Die basiese katioonversadigingsverhouding (BCSR) vergeleke met die genoegsaamheidsvlak van beskikbare voedingstowwe (SLAN). As riglyn waarvolgens grondanalises geïnterpreteer en bemesting toegedien word, word die basiese katioonversadigingsverhouding (BCSR)-konsep (beter bekend as die Albrecht-stelsel) gebaseer op ’n veronderstelling dat plante slegs optimaal sal groei indien daar ’n gebalanseerde katioonverhouding (Ca 2+ , Mg 2+ en K + ) vir elke grond is, volgens die katioonuitruilkapasiteit (KUK) daarvan. Bemesting word dus gedoen volgens die grond se behoeftes en nie die plant s’n nie. In ’n oorsigartikel trek Kopittke & Menzies (2007) die BCSR-konsep terug na die laat 1800’s en bevind hulle dat sedert die onstaan daar van geen navorsingsdata daarin kon slaag om die bestaan van enige “ideale” basiese katioonversadigingsverhouding te bewys nie. Hulle het eerder bevind dat bevordering van die BCSR-konsep gelei het (en sal lei) tot ondoeltreffende gebruik van hulpbronne en kunsmis. Navorsing deur verskeie wetenskaplikes het bewys dat die SLAN- konsep (genoegsaamheidsvlak van beskikbare voedingstowwe), waar ’n minimum konsentrasie beskikbare voedingstowwe in die grond benodig word vir optimale plantvoeding, ook op wingerdstok ke van toepassing is. Ofskoon die “ideale” grond vir wingerdstokke dramaties kan wissel van streek tot streek en tussen verskillende grondtipes, word die samestelling daarvan gebaseer op ’n minimum vlak van voedingstowwe wat in die grond benodig word om aan die voedingsbehoeftes van die wingerdstok te voldoen. Voedingselementbalansering word in sommige gevalle wel gebruik om grond te evalueer. So byvoorbeeld word ’n Ca:Mg-verhouding wat ongeveer 6 as aanduiding gebruik om te bepaal of kalsitiese of dolomitiese kalk gebruik moet word. Vir wingerdgronde is die ideale versadigingspersentasie van die uitruilbare katione Ca 80%, Mg 15% en K 4%, wat ’n Ca:Mg:K-verhouding van omtrent 20:3.75:1 meebring. In die praktyk is dit egter nie nodig om hierdie “ideale” verhouding vir wingerd na te streef nie.

3

26

4 Chemiese regstelling van gronde tydens grondvoorbereiding

27

INLEIDING

Die eienskappe van Suid-Afrikaanse gronde is sodanig dat wingerd in meeste gevalle nie sonder deeglike grondvoorbereiding geplant behoort te word nie. Tydens grondvoorbereiding is daar ’n eenmalige geleentheid om die voe dingstatus van die grond, veral die ondergrond, reg te stel. In hierdie hoofstuk word veral klem gelê op die toediening van kalk en gips terwyl fosfaat reeds in Hoofstuk 3 en ook later in Hoofstuk 5 bespreek word.

TOEDIENING VAN BEKALKINGSMATERIALE:

Bekalking vind plaas om oormatige grondsuurheid te neutraliseer. In suur gronde is ’n oormaat waterstofione teenwoordig, wat as sulks nie nadelig vir plante is nie, maar aanleiding gee tot veral hoë aluminiuminhoude wat toksies is t.o.v. wortelgroei en dus nadelig vir voedingstofopname kan wees. BEREKENING VAN KALKBEHOEFTE In die verlede is daar altyd verwys na die kalkbehoefte van ’n grond, d.w.s. die handhawing van ’n sekere pH-waarde vir die betrokke grond, maar tans bestaan daar genoeg wetenskaplike bewyse om eerder na die kalkbehoefte van ’n spesifieke gewas in terme van die suurversadigingsbenadering te ver wys. Dit is dus nie net genoeg om die pH-waarde te weet nie, want dit is nie ’n aanduiding van die hoeveelheid ameliorant wat benodig word vir regstelling nie. Die akkurate bepaling van die kalkbehoefte kan slegs gemaak word indien grondontledings die uitruilbare suurheid (H + ) aandui. Die Eksteen-metode is tot op hede gevind die beste te wees om die kalkbe hoefte vir akkerbou-, vrugte- en wingerdgronde in die Wes-Kaap te bepaal. Volgens hierdie metode word die sogenaamde R-waarde gebruik, wat die Ca+Mg/H-verhouding in grond aandui en wat ’n eksponensiële-verwantskap met die pH-waardes van die grond het. Om ’n gewenste pH KCl van 5,5 te bereik, word ’n R-waarde van 10 benodig. ’n R-waarde van 5 sal die pH net tot 5 reg stel, wat vir meeste sandgronde aanvaarbaar is. Deur gebruik te maak van die uitruilbare suurheid (H) en die uitruilbare kal sium-(Ca) en magnesium(Mg)-waardes van ’n grond, uitgedruk in cmol/kg, kan die kalkbehoefte vir wingerd dus m.b.v. die Eksteen-formule bereken word.

4

28

Waar die Ca:Mg-verhouding ≥6 is, word die hoeveelheid kalk wat vir elke 300 mm grondlaag benodig word, soos volg bereken: ton kalkha -1 = [(H x 10) – (Ca + Mg)] x 0.727

Wanneer die Ca:Mg-verhouding <6 is, is die formule: ton kalkha -1 = [(H x 10) – (Ca x 1,25)] x 0.727

Onderskeid moet getref word tussen die twee soorte kalk wat toegedien kan word, naamlik kalsitiese kalk (CaCO 3 ) en dolomitiese kalk [CaMg(CO 3 ) 2 ]. Dolomitiese kalk moet toegedien word indien die Ca:Mg-verhouding hoër is as 6 en/of indien die Mg-inhoud van gronde minimum waardes toon soos aange dui in tabel 3. Kalsitiese kalk word gebruik wanneer die Ca:Mg-verhouding 6 of laer is. Aangesien kalk nie maklik in water oplosbaar is nie, beweeg dit baie stadig in die grond. Gevolglik moet dit slegs toegedien word tydens grondvoorberei ding sodat dit by die grond ingewerk en gemeng kan word tot ’n diepte van 1000 mm. Indien die pH laer as 5.5 is in bestaande wingerde, moet die kalk behoefte slegs tot ’n gronddiepte van 300 mm bereken word. Wingerd is kalk tolerant en groei steeds goed in gronde wat vry kalk bevat, met pH’s KCl rondom 7.2. Oormatige kalktoediening behoort normaalweg dus nie skadelik te wees nie. Gronde met hoë klipfraksies kan egter as uitsondering gesien word en dan is dit belangrik om die klipfraksie in aanmerking te neem.

4

Die berekende kalkbehoefte moet dus afwaarts aangepas word, deur van die klipvolumepersentasie in die volgende formule gebruik te maak:

Kalkbehoefte x [1 – (klip %/100)]

In gronde met hoë organiese materiaalinhoude, word ’n lae pH grootliks veroorsaak deur waterstofione wat met die organiese materiaal geassosieer word, en nie soseer deur waterstofione wat deur hoë konsentrasies aluminium verwek word nie. Die uitruilbare H, bepaal by ’n pH van 7, moet dus aangepas word vir gronde met C-inhoude van >1%. Die aangepaste H kan dan in die Eksteen-formule gebruik word.

29

Conradie (1994) het onderstaande empiriese aanpassings voorgestel: 0-1% organiese materiaal: geen aanpassing 1-2% organiese materiaal: dien 80% van die berekende behoefte toe 2-3% organiese materiaal: dien 60% van die berekende behoefte toe 3-4% organiese materiaal: dien 40% van die berekende behoefte toe

Aanpassings wat aan die hand van hierdie benadering gedoen word, lei oor die algemeen tot realistiese aanbevelings. Latere navorsing deur Smuts (2001) het egter tot die voorstel van ’n gewysigde formule gelei;

4

H – [(7 – veld pH KCl ) x %C x 0.202]

Op hierdie stadium lyk dit egter asof aanbevelings wat met behulp van dié twee benaderings gemaak word, vergelykbaar met mekaar is. Verdere navorsing word tans uitgevoer. DIE KEUSE VAN WATTER TIPE KALK: Aangesien kalsium en magnesium ’n integrale deel van ’n wingerd se voe dingsbehoeftes uitmaak, is dit van kardinale belang dat die wingerd nie tekorte aan hierdie twee elemente ondervind nie. Bekalking voor plant is ongetwyfeld die beste manier om kalsium- en magnesiumtekorte te voorkom. Daar is baie kalkprodukte beskikbaar, soos onder andere landboukalk, dolo mitiese kalk, gebluste en ongebluste kalk. Gips is nie ’n kalkproduk nie omdat dit ’n neutrale sout is en nie daartoe bydra om die grond se pH te verhoog nie. Gips word as Ca- en/of S-bron gebruik veral op brakgronde om Natrium (Na) te verplaas. Om die gewenste resultaat in die grond, asook die gewenste reaksie van die wingerdstok daarop te verkry, is dit van belang dat die neutralisasievermoë

30

en reaktiwiteit van die beskikbare kalkprodukte, asook die oorsprong van dié produkte, vooraf bekend moet wees sodat die verlangde produk vanaf die regte bron afgelewer word. Kalk reageer met die grond om die konsentrasie hidroksiel(OH - )-ione in die grondoplossing te verhoog en dus die grondversuring (H + ) te verminder en toename in grond-pH te bewerkstellig. Die mees algemene produk is land boukalk of kalsitiese kalk – CaCO 3 , wat sowat 40% Ca bevat en gevolglik die kalsiuminhoud van die grond ook tydens toediening sal verhoog. Indien die magnesiumvlakke in die grond < 40 mg/kg is, word dolomitiese kalk – CaMg(CO 3 ) 2 aanbeveel. Hierdie produk bevat sowat 12% magnesium en 20% kalsium. Wanneer kalk bestel word is dit belangrik om die afstand vanaf die kalkbron tot by die produsent se plaas in aanmerking te neem aangesien vervoerkoste baie hoog kan wees. Dit is egter net so belangrik om ook kennis te neem van die neutralisasievermoë van kalkprodukte. Ten einde produkte te kan verge lyk, word die neutralisasievermoë van suiwer CaCO 3 as 100% gedefinieer. Kalsiumoksied (CaO) en kalsiumhidroksied Ca(OH) 2 se neutralisasiewaarde (KKE = kalsiumkarbonaat-ekwivalente waardes) is byvoorbeeld heelwat hoër as dié van kalsiumkarbonaat (CaCO 3 ). Só ook het die oksiede en hidroksiede van magnesium heelwat hoër neutralisasiewaardes as magnesiumkarbonaat. Dit is dus moontlik dat die KKE van ’n landboukalkproduk meer as 100% kan wees. Die KKE-waardes van verskillende bekende produkte word in Tabel 7 aangetoon:

4

TABEL 7: Verskillende kalkprodukte, hul samestelling en neutralisasievermoëns.

Chemiese samestelling in suiwer vorm

Neutralisasie- vermoë (KKE)

PRODUK

Kalsitiese kalk/ landboukalk

CaCO 3 (40% Ca)

50-85

CaMg(CO 3 ) 2 (20% Ca en 12% Mg)

95-110

Dolomitiese kalk

Ca (OH) 2 (54% Ca)

120-135

Gebluste kalk

31

DIE NEUTRALISASIEWAARDE VAN BEKALKINGSPRODUKTE Die reaktiwiteit van alle kalksoorte is verder ook afhanklik van die fynheid daarvan, sodat die grootste moontlike oppervlakte in kontak met die grond en grondwater kan kom om die grondsuurheid te neutraliseer. Daarom is die reaktiwiteit van mikrofyn landboukalk (90% fyner as 0,25 mm) aansienlik hoër as landboukalk wat slegs voldoen aan minimum wetlike vereistes vir “gewone” landboukalk (50% fyner as 0,25 mm). DIE TYDIGE EN KORREKTE TOEDIENING VAN DIE KALK OP DIE LAND Kalk moet ten minste ses maande voor aanplanting breedwerpig op die op pervlakte toegedien word en onmiddellik ingewerk word sodat dit die pH-reg stelling kan bewerkstellig voor die wingerd sy wortels in die grond versprei. DIE DOELTREFFENDE VERMENGING VAN DIE KALK MET DIE GROND Indien grond te nat voorberei word, ‘smeer’ dit en sal die kalk nie deeglik met gronddeeltjies vermeng word nie. Indien die grond te droog is, vorm groot kluite en word ook nie goeie vermenging verkry nie. Die waterinhoud van die grond behoort tussen verwelkpunt en ‘uitrolgrens’ (waar nog ’n stabiele wors tussen die handpalms gerol kan word) te wees. DIE DOELTREFFENDE REAKSIE VAN DIE KALK IN DIE GROND OM DIE GEWENSTE RESULTAAT TE KRY Indien gronde braak gelê is (gronde wat oor lang tydperke nie beplant is nie) en waar die pH baie laag voorkom, word aanbeveel dat kalk in paaiemente oor ten minste twee seisoene toegedien word. Die laaste vereiste is baie belangrik en dit is om te bepaal of die grond onmid dellik na bekalking reeds geskik is vir aanplanting, of indien daar gewag moet word met aanplanting sodat grondreaksie die pH nader aan die optimum van >5,5 kan bring. Daar is ’n algemene opvatting dat hoe meer kalsium in verbindingsvorm in die gronde gesit word, hoe hoër sal die pH of grondreaksie styg. Dis egter nie net Ca-verbindings nie maar ook magnesium-, kalium- en natriumverbindings wat ’n impak het op die grond se pH-vlakke. ’n Oormaat kalium, ook bekend as pottas (K), en natrium het waarskynlik ’n groter effek op grond-pH as wat kalsium en magnesium het.

4

32

TOEDIENING VAN GIPS

DIE DOELWIT RONDOM DIE TOEDIENING VAN LANDBOUGIPS Die doelwit rondom die toediening van landbougips is hoofsaaklik om brak gronde te herwin. Opgeloste soute wat in gronde versamel uit soutryke gesteentes soos Malmesbury-skalies skep probleme in wingerdgronde veral omdat die grond toeslaan en waterinfiltrasie verminder. Hoë soutvlakke in besproeiingswater kan ook oor tyd die grond laat verdig en kan met gips reggestel word. In brakgronde is die uitruilbare natrium as persentasie van die totale katioon uitruilkapasiteit (KUK) te hoog en die natriumadsorpsie-verhouding (NAV) van die versadigde ekstrak is ook te hoog. Die gebruik van gips is ook vir die verbetering van die grondstruktuur. Die infiltrasievermoë van die grond is laag en gips verbeter die waterhuishouding en lugdeurlaatbaarheid. Die elektrolietkonsentrasie van besproeiingswater is laag – besproeiing van varswater saam met die inloging van gips word moontlik gemaak sonder dat die grond verdig. Toediening van landbougips verhoog nie die pH van die grond nie en moet daarom nie vir dié doel gebruik word nie. Dit kan wel die uitruilbare kalsium vlakke verhoog. HOEVEEL GIPS WORD BENODIG? Om die hoeveelheid gips wat per hektaar aan brakgrond toegedien moet word te bereken, kan die Na (uitgedruk in cmol/kg) met 3,4 vermenigvuldig word, vir ’n aanduiding van hoeveel ton gips per hektaar benodig word vir elke 300 mm-grondlaag. Sommige analiseverslae dui natrium in mg/kg of dele per miljoen (ppm) aan. In sulke gevalle moet die Na (mg/kg of ppm) deur 230 gedeel word om die hoeveelheid Na in cmol/kg te verkry. Aangesien wateroplosbare Na eenvoudig deur effektiewe dreinering uitgewas kan word, word gips slegs benodig om uitruilbare Na te verplaas, d.w.s. dit wat aan die gronddeeltjies geadsorbeer is. Laboratoriumanalises dui gewoonlik totale Na aan, d.w.s. oplosbare sowel as uitruilbare Na, wat beteken dat ’n oormaat gips dikwels in die praktyk aanbeveel word. Dit is daarom raadsaam om nie meer as 10 ton gips per hektaar op enige gegewe tydstip toe te dien nie. Na ’n jaar moet grondanalises verkieslik weer uitgevoer word om te bepaal of addisionele gips benodig word.

4

33

Made with FlippingBook Annual report maker